NOT CLEAR: The mass graves in which the Kayova 16 victims were buried.
NOT CLEAR: The mass graves in which the Kayova 16 victims were buried.

Kayova-sterftes: Oorsaak ‘onbeslis’

Iréne-Mari van der Walt
Kenya Kambowe – Bloedtoetse wat uitgevoer is om die oorsaak van 16 familielede van die dorp Kayova in die Kavangostreek se dood te bepaal, het “onbeslis” teruggekom.

Die familielede is in Mei vermoedelike weens voedselvergiftiging dood.

Die waarnemende gesondheidsdirekteur in die Kavango-Oosstreek, Woita Kapumburu, het dit bevestig. Hy het gereageer op ons susterkoerant Namibian Sun se navrae oor die status van die toetsuitslae.

Die 16 slagoffers is dood nadat hulle pap geëet het wat gemaak is van mahangu-korrels wat voorheen vir ’n tradisionele brousel gebruik is.

’n Ander familielid het die graan aan die familie gegee, inruil vir riete. Die familielede is tussen 27 Mei en 1 Junie dood.

“Ons het die uitslae van die bloedtoetse teruggekry en dit is onbeslis,” het Kapumburu gesê.

’n Onbesliste uitslag is nie positief óf negatief nie.

Kapumburu het gesê die uitslae van forensiese en patologiese toetse is nog uitstaande, en dat dié toetse dalk antwoorde kan verskaf.

Dit is onduidelik wanneer die toetse afgehandel sal wees.

Die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap staan aan die spits van die forensiese en patologiese toetse.

Weefselmonsters van die oorledenes is ná nadoodse ondersoeke aan die instituut gestuur.

By navraag vir kommentaar het die Kavango-Oosstreek se misdaadkoördineerder, adjunkkommissaris Bonifatius Kanyetu, Donderdag gesê die instituut het ’n laboratorium in Suid-Afrika geraadpleeg vir ’n tweede opinie.

Oor wat dit kan beteken, het hy gesê: “Dit is die antwoord wat ons nie het nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!