No Image Caption

Kêrel vermoor glo meisie

Verskeie voorvalle van fratsongelukke, verkragtings en verdrinkings het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag die afgelope naweek plaasgevind.

Die 22-jarige me. Josefine Haikali is op Vrydag 8 April dood ná haar kêrel haar na bewering aangerand en haar liggaam in sy slaapkamer in die Oshana Shomupanda-nedersetting weggesteek het. Volgens die misdaadverslag was haar liggaam in ’n kombers toegedraai en in ’n gat in die kamer begrawe. Die verdagte is nog op vrye voet.

’n Groep onbekende mans het Saterdag omstreeks 23:50 mnr. Muyenga Siyemo en sy vriend in die informele nedersetting New Cowboy op Katima Mulilo aangeval en geld geëis. Hulle het Siyemo aangerand terwyl sy vriend op die vlug kon slaan. Hy is in die hospitaal opgeneem waar hy gesterf het. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en is vermoedelik met ’n baksteen oor die kop geslaan.

FRATSONGELUKKE

Die sewejarige Warren Gibe het langs ’n muur in ’n erf in Fraenastraat in Goreangab gespeel toe bakstene van die muur afgeval en hom teen die kop getref het. Hy het aan sy beserings beswyk.

Saterdag omstreeks 21:00 het ’n man in Jakarandastraat in Suiderhof agteruitgery en sy tweejarige seun, Jonathan Nemaire, gestamp. Hy is na die hospitaal geneem, maar hy het by die hospitaal gesterf.

’n Krokodil het Meshing Manga (13) in die Kavangorivier aangeval en doodgemaak toe hy en sy broers en susters in die rivier gaan bad het.

Me. Puteho Harriety is Saterdag omstreeks 18:30 in die Sanungu-nedersetting dood ná weerlig haar getref het.

Mnr. Fillipus Mankona, ’n lid van die Namibiese polisie is Vrydag dood nadat hy na bewering sy kop teen ’n velling (rim) van ’n band gestamp het. Die voorval het omstreeks 23:45 in Ehongastraat in Wanaheda plaasgevind nadat die oorledene en die verdagte, ’n lid van die Namibiese weermag, in ’n onderonsie betrokke was.

VERKRAGTINGS

’n Negentienjarige meisie is Sondag omstreeks 05:00 glo by ’n huis in Otjomuise verkrag. Die verdagte – ’n taxibestuurder – het haar in Katutura opgetel en moes haar in Khomasdal aflaai. Hy het egter Otjomuise toe gery, by die huis gestop en haar in ’n kamer ingesleep, haar met ’n mes gedreig en verkrag.

’n Dertigjarige man het na bewering ’n 14-jarige meisie gedurende Maart in die Okatope-nedersetting by Ongwediva verkrag. Die man is haar buurman. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

VERDRINKINGS

Die sewejarige Ndemutila Indenga het Vrydag omstreeks 16:00 in ’n waterkanaal in die Otapatapa-nedersetting verdrink. Sy en ander kinders het in die kanaal geswem toe die ongeluk gebeur het.

Maria Ndilimeke (3) het Saterdag omstreeks 11:00 in ’n watergat in die Festus Mumati Okathitu-Kakyokotsandi-nedersetting in die Tsandi-kiesafdeling verdrink.

Alfeus Nghifikwa (16) het Saterdag omstreeks 15:00 in die Onehova-nedersetting in ’n gronddam verdrink toe hy en sy vriende gaan swem het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!