No Image Caption

Kinderverkragting 'n ‘pandemie’ in Omusati

Tuyeimo Haidula,Tanja Bause
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Minstens vyf minderjariges word elke maand in die Omusatistreek verkrag.

Dit het die polisie in die streek genoodsaak om ’n ernstige waarskuwing aan ouers te rig om nie hul kinders dié feesseisoen sonder toesig te los nie.

Sedert die begin van dié jaar is 64 gevalle van kinderverkragting aangemeld – amper twee keer so veel as die 36 volwassenes wat sedert Januarie in die streek verkrag is.

Inspekteur Anna Kunga het gesê hierdie getalle is kommerwekkend en die polisie in die streek werk nou saam met die publiek om ouers te leer om nie hul kinders sonder toesig by die huis te los nie.

“Dit, aangesien die meeste van die verkragtings gepleeg word deur familielede en diegene wat as ‘betroubare vriende’ beskou word,” het sy gesê.

In ’n waarskuwingsboodskap het Kunga gesê ouers los kinders –veral in Desember – by die huis om troues by te woon en wanneer hulle terugkeer, is die minderjariges aan misdaad blootgestel.

“Veral hier in die Omusatistreek sorg ons nie vir ons kinders nie. Hulle ly te veel. Te veel kinders word verkrag. Kom ons sorg vir ons kinders aangesien die skool gesluit het. Dit is ons toekomstige verpleegsters, polisiebeamptes en vlieëniers,” het sy beklemtoon.

Voordat hulle reis, moet ouers oor die welstand van hul kinders dink, het die inspekteur gesê.

GRUSAME STATISTIEK

Kommissaris Ismael Basson, streekbevelvoerder van die polisie in die Omusatistreek, het gesê 100 verkragtingsake is sedert Januarie in die streek aangemeld, waarvan 60 minderjarige meisies en vier seuns is.

’n Bykomende 34 gevalle van verkragting van volwasse vroue is aangemeld, terwyl die slagoffers in twee gevalle mans was.

“In Januarie, Februarie, April en September is seuns verkrag.

Elf meisies is in September en November in die streek verkrag,” het hy gesê.

Basson het gesê agt meisies is in Mei en ses in Februarie verkrag.

In Januarie is twee minderjarige meisies sowel as een man en vier volwasse vroue verkrag, terwyl in April drie gevalle van verkragting van minderjariges en vyf volwassenes aangemeld is. Tot dusver in Desember is een minderjarige meisie verkrag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!