Kort nuus uit misdaadverslag
Onwettige
brandstofhandel
Omakange
’n Een-en-veertigjarige Namibiese man is Vrydag by die polisie-kontrolepunt by Omakange in hegtenis geneem nadat vyftien 25 liter-petrolhouers en drie houers wat elk vyf liter petrol bevat, na bewering in sy voertuig, ’n wit Toyota Corolla-sedan, gevind is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die onwettige brandstof ’n totale waarde van N$5 760 en was die man op pad van Oshikango na Opuwo. Hy het in die Opuwo-landdroshof verskyn, waar borgtog van N$1 000 aan hom toegestaan is. Die saak is tot môre uitgestel.
Padongelukke
Swakopmund
Die polisie op Swakopmund ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat die bestuurder van ’n wit Toyota Etios Vrydag omstreeks 15:40 ’n voetganger in Nelson Mandela-rylaan raakgery het. Die slagoffer, ’n 52-jarige Namibiese man, het ’n fraktuur aan sy linkerbeen opgedoen en is na die staatshospitaal op Swakopmund vir behandeling geneem. Niemand is in hegtenis geneem nie.Ondangwa
Die bestuurder van ’n ongeïdentifiseerde voertuig het na bewering Saterdag ’n 20-jarige man raakgery wat die hoofpad tussen Ondangwa en Ongwediva probeer oorsteek het. Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Die bestuurder het na bewering van die toneel gevlug en die slagoffer is in ’n stabiele toestand in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem. Katima MuliloDie bestuurder van ’n grys Honda Fit is Saterdag in Katima Mulilo in hegtenis geneem nadat hy ’n 21-jarige manlike voetganger met sy motor gestamp en toe versuim het om hulp aan die slagoffer te verleen. Die verdagte het sonder ’n lisensie bestuur.
Oshikango’n Saak van strafbare manslag en die bestuur sonder ’n rybewys word op Oshikango ondersoek nadat ’n 46-jarige Namibiese man wat ’n wit Toyota-dubbelkajuitbakkie bestuur het, ’n voetganger wat die pad probeer oorsteek het, doodgery het. Die voorval het Saterdag omstreeks 21:00 naby die Sun Square Hotel op die B1-pad plaasgevind.RunduDie bestuurder van ’n rooi Toyota-sedanvoertuig wat glo onder die invloed van alkohol was, het Saterdag beheer oor die voertuig verloor en in die heining van die Sauyemwa Apostle-kerk op Rundu vasgery. Die bestuurder en ’n passasier is beseer en albei is in die Rundu-staatshospitaal opgeneem.
Veediefstal
OkalongoTwee verdagtes tussen die ouderdomme van 21 en 22 is tussen Donderdag en Vrydag by die dorp Mongol in die Okalongo-kiesafdeling in hegtenis geneem nadat hulle glo vier beeste met ’n totale waarde van N$40 500 gesteel het. Al die beeste is teruggevind. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof op Outapi verskyn. OshakatiDrie troppe beeste met ’n totale waarde van N$38 000 het glo Vrydag by die Oshino haMukwiyu-veepos in die Oshakati-omgewing vermis geraak nadat hulle onbewaak gelaat is. Die beeste in nog nie teruggevind nie en geen arrestasie is tot dusver gemaak nie. KoësDie afgelope Saterdag is twee verdagtes (24 en 25 jaar oud) in hegtenis geneem nadat hulle glo twee skape ter waarde van N$4 000 op die plaas SanSouci in die Koës-omgewing sonder die eienaar se toestemming geslag het. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Moord
Berseba
’n Namibiese man (22) is gister in Berseba in hegtenis geneem nadat hy omstreeks eenuur dié oggend die 23-jarige mnr. Rodniques Goliath verskeie kere met ’n mes gesteek het ná hulle in ’n kroeg stry gekry het. Die slagoffer het met sy aankoms by die kliniek aan sy beserings beswyk. Die verdagte het glo op die oorledene se voete getrap terwyl hulle binne die Gorden 7-kroeg was en toe Goliath die verdagte vra hoekom hy op sy voete trap, het dié kwaad geword, waarna ’n rusie tussen die twee ontstaan het wat tot die messtekery gelei het. Die oorledene se naasbestaandes is in kennis gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie