Kort Nuus
Ongwediva
‘Verkragter’ dra skooluniform
’n Onbekende man het na bewering ’n skooluniform aangetrek met die doel om ’n meisie te lok om haar te verkrag.
Die Namibiese polisie se koördineerder in Oshana, inspekteur Thomas Aiyambo, het die voorval as “ontstellend” beskryf en gesê die gemeenskap moet saam met die polisie werk om nog sulke voorvalle te voorkom.
“Ons wil hê ouers, onderwysers en die gemeenskap moet met die kinders praat en hulle leer om nie met vreemdelinge te praat wanneer hulle van die skool af huis toe loop nie. Die kinders moet ook aangemoedig word om in groepe te stap,” het hy gesê.
Aiyambo het gesê ’n 10-jarige meisie, wat ’n graad 4-leerling is, is verlede week op Ongwediva verkrag terwyl sy van die skool af op pad huis toe was. Die voorval het in ’n huis agter die Oshana Mall gebeur.
“Die verdagte – wat skooldrag van ’n ander skool aangehad het – het die slagoffer genader en belowe om haar huis toe te begelei op voorwaarde dat sy hom eers na sy woning vergesel.
Die slagoffer het die aanbod aanvaar, maar by die verdagte se woning is sy met geweld in ’n kamer gedwing en verkrag.”
Die slagoffer se ma het die voorval by die polisie aangemeld. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie. – Tuyeimo Haidula
Oshakati
Hond byt buurman
’n Man het sy hond op sy buurman by Oshakati se Evululuko- informele nedersetting losgelaat.
Die slagoffer het tydens die aanval ernstige beserings opgedoen. Die voorval het glo plaasgevind omdat die hond se eienaar “persoonlike probleme” met die slagoffer se broer het.
Die slagoffer (35) ontvang tans mediese behandeling by die Oshakati-staatshospitaal.
Volgens inspekteur Thomas Aiyambo het die slagoffer na sy buurman se huis gegaan om hom te groet. Toe hy die erf binnegaan, het die eienaar van die huis vir die man gesê om uit te gaan omdat hy probleme met die slagoffer se broer het.
“In die proses het die eienaar van die huis na die hondehok gegaan en die hond uitgelaat. Die hond – ’n pitbull – het die slagoffer aan sy regterhand en regtervoet gebyt en hy het ernstige beserings opgedoen,” het Aiyambo gesê.
’n Saak is nog nie teen die hond se eienaar geopen nie.
Die streekbevelvoerder in Oshana, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het inwoners van Oshakati gewaarsku om nie aggressiewe honderasse aan te hou nie. Hy het bygevoeg dat inwoners wat honde vir beskerming aanhou, nie die honde moet gebruik om mense aan te val nie. Die polisie kan nie persoonlike aanvalle op inwoners duld nie, aangesien dit in stryd is met die gees van “Een Namibië, een nasie’, het hy gesê.
“Die eienaars moet weet hulle staar vervolging in die gesig en dat sulke honde van kant gemaak sal word,” het hy gewaarsku.
Ruben Abraham, ’n 44-jarige veiligheidswag, is verlede jaar dood nadat hy deur vyf honde in Oshakati aangeval is. Die honde is weggevat en doodgemaak nadat hulle ’n dag later nog ’n veiligheidswag, Simon Jafet (25), aangeval het. Jafet het die aanval oorleef. – Tuyeimo Haidula

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie