No Image Caption

Kort Nuus

Ondangwa



Fetus in asblik gevind



’n Gemeenskapslid het Vrydagaand die fetus van ’n baba wat moontlik tussen vier en vyf maande oud was, in ’n asblik in Ondangwa gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.



Katutura



Man in ’n plas bloed gevind



’n Verbyganger het Saterdagoggend ’n 31-jarige man, Petrus Sheya Nghikomenwa, in Herefordstraat in die Lafrenz-nywerheidsgebied in ’n plas bloed met noodlottige steekwonde gevind. Die munisipaliteit se medici het hom op die toneel dood verklaar. Nghikomenwa se naasbestaandes is van sy dood ingelig. Die polisie het nog niemand in verband met die moord in hegtenis geneem nie.



Otjiwarongo



Neef verkrag glo vrou



’n Vrou (29) is die afgelope naweek glo deur haar neef in die informele nedersetting DRK verkrag. Die beweerde verkragting het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind terwyl die vrou glo onder die invloed van alkohol was. Volgens die polisie se misdaadverslag het die verdagte haar glo na sy kamer geneem en sonder haar toestemming seksuele omgang met haar gehad. Hy sou gister in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn.



Windhoek



Tieners gevang met 1 kg se dagga



Twee tieners is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hulle by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja met 1 kg se dagga aangekeer is. Die verdagtes (onderskeidelik 17 en 19) het Vrydag omstreeks 16:30 by die padblokkade aangekom toe ’n polisiesoektog uitgevoer is. Volgens die polisie se misdaadverslag is die geskatte waarde van die dwelms sowat N$50 000. Die twee tieners sou na verwagting vandag in die landdroshof in Katutura verskyn het op ’n klag van dwelmhandel en die besit van dwelms.



Okahandja



Bejaarde egpaar aangeval



Twee pensioenarisse van onderskeidelik 81 en 83 is die naweek in die vroeë oggendure wakker gemaak deur die geblaf van hul hond en het daarna vier onbekende mans in hul huis in Okahandja aangetref. Die verdagtes het die twee bejaardes met lap vasgebind en hulle in die badkamer toegesluit. Die egpaar het glo omstreeks 16:10 daarin geslaag om hulself los te kry en het hul seun gebel wat die saak by die polisie aangemeld het.

Volgens die polisieverslag het die verdagtes items ter waarde van N$400 000 gesteel. Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A