SHORTS: Man rapes woman in wife's presence
SHORTS: Man rapes woman in wife's presence

Kortnuus: Verkragtings oorheers misdaadverslag

Rita Kakelo
OSHAKATI

Die polisie in die Oshanastreek ondersoek ’n voorval waar ’n vrou na bewering verkrag is deur ’n man wat sy ken, terwyl die man se vrou langs hulle op die bed geslaap het. Die voorval het glo oor die naweek by Onawa op Oshakati plaasgevind.

Volgens die polisie het die paartjie en die slagoffer besluit om die aand by die slagoffer se huis deur te bring ná hulle gaan kuier het. Terwyl al drie geslaap het, het die verdagte na bewering die slagoffer verkrag en later gesê hy het gedink dit is sy vrou. Die slagoffer het die polisie gebel, wat tot die gevolg gehad het dat die verdagte homself met sy vrou uit die voete gemaak het. Die polisie het gister bevestig dat die verdagte nog nie in hegtenis geneem is nie.

RUNDU

’n Onderwyser het na bewering ’n 19-jarige vrou verkrag toe hy haar glo by ’n kroeg opgetel het en na ’n sportstadion daar naby geneem het. Hy het haar na bewering gedwing om haar klere uit te trek voor hy haar verkrag het. Die ondersoek duur voort.

GROOTFONTEIN

’n Angolese man het na bewering ’n 19-jarige vrou verkrag. Luidens die polisie se misdaadverslag het die verdagte daarop aangedring om seks te hê met die slagoffer en toe sy weier het hy na bewering haar arm gedraai, haar klere uitgetrek en haar verkrag. Die verdagte het van die toneel gevlug ná die voorval. Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!