Lang arm van gereg flous ‘geneser’
N$50 dek konsultasiefooi, geeste op te roep
'n Verhaal van geheime polisiebeamptes en joernaliste wat 'n valse maar flambojante Zimbabwiese "tradisionele 'geneser" op Eenhana vasgetrek het.
Dis 17:30 in die middag – die dag ná Valentynsdag.
Ons is by Sibanda’s Clinic, ’n instansie wat die afgelope 15 jaar deur ’n Zimbabwiese “tradisionele geneser” in Eenhana in die Ohangwenastreek bestuur word.
’n Geheime polisiebeampte, hoofinspekteur Christina van Dunem Dafonsech, het haar siviele drag aan – ’n geruite tradisionele Oshiwambo-rok, ’n ohema yeenhul; en hooftooisel, wat ’n oshikaiwa genoem word. Sy, soos ses ander van ons – geheime joernaliste en polisiebeamptes – maak of sy op een of ander manier deur demone besete is.
Onder ons is individue wat kwansuis sukkel om swanger te raak, terwyl ander die “kliniek” besoek om gewelddadige kêrels onder beheer te bring. Ons rolle is goed ingeoefen.
Terwyl ons geduldig ons beurt afwag, gaan ons weer diskreet deur ons “draaiboeke”.
Dafonsech en haar luitenante is hier om die “geneser” Coster Wirosi in hegtenis te neem, maar nie sonder bewyse van sy manipulerende streke waarmee hy plaaslike inwoners vir ’n dekade en ’n half ingeloop het nie.
Die polisiewoordvoerder van die Ohangwenastreek, ao. Abner Itumba, is saam met ons – geklee in ’n groen oorpak met die B2Gold-embleem op.
Reëlings is vooraf getref om Wirosi in te lig dat ons, ’n groep sukkelende pasiënte, sy praktyk sal besoek.
Ons gebruik my selfoon om die vrou te bel wat veronderstel is om ons te ontvang. Sy antwoord nie. Ek stuur ’n boodskap: “Mwalelepo meme, oshe ava twapumbwa ekwafo tuli poshipangelo apa mEenhana. Natu uke peni [Goeiemôre, dit is ons wat hulp soek by jou hospitaal in Eenhana. Waarheen moet ons gaan?]”
Sy bel dadelik terug.
Polisievoertuie word ver weg geparkeer en ons stap na die “kliniek” toe.
Met ons aankoms is dit duidelik dat hierdie huis al 15 jaar as ’n waarsêery-sentrum funksioneer. Die finansiële rekords wys kliënte moet vir konsultasiefooie betaal – van so min as N$50 tot enigiets meer as N$8 000, afhangend van hoe ingewikkeld die kwaal is.
Dit lyk of dit goed gaan met die geneser – ekonomies. Daar is ’n Mercedes Benz wat buite geparkeer is. Langs die huis is kamers te huur. Ons sit op banke buite en wag om gehelp te word.
Na 20 minute nooi ’n vrou in ’n rooi bloes en swart jeans ons in.
Sy vra ons om ons skoene uit te trek, aangesien dit nie in die “heilige” plek toegelaat word nie. Sy verduidelik die basiese beginsels van die geestelike genesingsproses, met besonderhede oor die stappe wat noukeurig saamgestel is – ’n slenter wat met oefening vervolmaak is.
Die vertrek is versier met dierevelle, boombas, kalbasse, dieregeraamtes, bene en ’n aantal klein botteltjies wat onbekende vloeistowwe bevat.
FAMILIEPROBLEME Hier is ons storie: Ons is deel van dieselfde familie, maar het verskillende “kwale”.
Dafonsech verduidelik ons probleme aan die geneser. Ons is vier susters met drie neefs wat ons vergesel.
Die geneser praat met ons deur ’n tolk, Sarafina Mhazo (32). Mhazo is ’n Namibiër wat van die dorp Omulondo af kom. Ek en Dafonsech vertel ons sukkel om swanger te raak. Sy is getroud, ek is nie. Haar ringe is ook sigbaar aan haar vinger, so dit behoort nie vir die geneser moeilik te wees om te glo nie.
Wirosi hop opgewonde in sy blou stoel terwyl hy die tradisionele genesers se getoi-toi naboots. Niks verklap dat hy ’n valse sangoma is nie. Hy dra ’n gestreepte T-hemp en grys jeans. Sy voete is kaal. Hy kyk na ons en vra ons moet ons hande oophou sodat hy duidelik kan “lees” wat presies ons probleme veroorsaak.
Hy vra ons om ons gesigmaskers te verwyder en behou oogkontak terwyl hy met die voorvaders “konsulteer”.
Die kliënt, beklemtoon hy, moet minstens N$50 in ’n mandjie sit voordat die genesingsproses kan begin. Dit dek die konsultasiefooi, maar dien ook om die geeste op te roep.
Daar is voorafbepaalde antwoorde vir elke algemene probleem, sê hy: “Verlore liefde, werkloosheid, nagmerries, sakesukses, om weer liefde in huwelike te ervaar, voorspoed by die werk en sukses in die lewe – laasgenoemde is gewoonlik die duurste beskikbare diens.”
Die sleutel, verduidelik Mhazo, is om hoogs onwaarskynlike voorwaardes voor te skryf waaraan die kliënt moet voldoen om suksesvol te wees. Dit sodat die kliënt aanspreeklik gehou kan word in die geval van mislukking – die gewone uitkoms.
“As jy aan ’n kliënt verduidelik en hulle verstaan nie die instruksies nie, sal hulle misluk. So, jy moet vra dat dit herhaal word as dit onduidelik is,” sê sy vir ons.
Tien minute later, nadat ek ’n paar eenvoudige vrae beantwoord het, is die diagnose dat ek deur demone besete is.
Mhazo sê vir Dafonsech sy het haar demone uit ons familie na haar huwelik geneem en loop nou die risiko om hulle aan die man oor te dra. Sy gaan dan voort om te sê ek het die grootste demoon en ek dra dit oor aan Dafonsech, my “suster”.
“Jy sukkel om snags te slaap. En jy word dikwels siek wakker en kan nie verduidelik hoekom nie. Jy kry ook bevorderings by die werk en verloor dan jou werk. Jou kollegas is jaloers op jou by elke maatskappy waarheen jy skuif. Jou ekskêrels los jou almal op dieselfde manier,” tolk Mhazo die geneser se woorde.
ONTMASKER Mhazo verduidelik aan my en Dafonsech om ons demone te laat uitdryf, moet ons N$8 000 vir ’n huisbesoek opdok sodat die geneser ons ma se huis kan besoek om die hele gesin te red.
Geïrriteerd deur die diagnose en aantygings dat hulle ons kwale kan genees, ons probleme kan oplos of ons van “bose geeste” kan verlos wanneer wetenskaplike behandelings misluk, staan Dafonsech op en sê vir die twee sy is nie ’n kliënt nie.
“Jy vertel ons nonsens. Staan op! Weet jy wie ek is? Ons keur nie sulke bedrywighede goed nie. Ons neem jou in hegtenis,” sê sy en bring haar polisie-identifikasie te voorskyn.
Mhazo en Wirosi lyk kalm. Asof hulle in ’n droom is en hul werk van amper 20 jaar nie in ’n oogwink verby kan wees nie.
Dafonsech beweeg nader en hou haar polisie-identifikasie vas sodat hulle dit noukeurig kan lees. Daar is geen leuens nie. Hulle is vir sowat vyf minute stil voordat hulle die krag bymekaarskraap om polisiebeamptes se vrae te beantwoord.
UITBUITING
Dafonsech berispe die genesers dat hulle diegene met ’n sterk geloof in sulke metodes teiken, en sommige kwesbare mense oop laat vir uitbuiting.
Sy sê diegene wat deur mense soos Wirosi gelok word, is gewoonlik desperaat.
“Valse genesers teiken die kwesbares wat voel hulle het geen ander uitweg nie en niemand anders om mee te praat nie. Hulle is slim. Dit is hartseer dat iemand hierdie truuks en nagemaakte kruie sal gebruik om mense se geld te vat.”
Die komplot is gefnuik. Mhazo en Wirosi word na die Eenhana-polisiekantoor geneem, en laat ons alleen om self met ons “demone” af te reken. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie