Leerlingdokter skuldig aan verkragting
Pasiënt was bewusteloos
Die slagoffer het erge kopbeserings gehad.
Die leerlingdokter wat daarvan beskuldig is dat hy ’n 18-jarige manlike pasiënt met breinbeserings in April 2021 in ’n Windhoekse hospitaal verkrag het, is gister skuldig bevind.
Die voorval het op 11 April 2021 in die Katutura-staatshospitaal plaasgevind waar Dennis Noa as ’n leerlingdokter gewerk het. Landdros Victor Nyazo het Noa (29) skuldig bevind, twee maande nadat die staatsaanklaer Palmer Kumalo en Noa se verteenwoordiger, James Diedericks, slotbetoë in die verhoor gelewer het.
Die staat het aangevoer die pasiënt wat in die hospitaal se eenheid vir kopbeserings behandel is, was weens ’n ernstige breinbesering bewusteloos en medies ongeskik toe Noa hom verkrag het. Noa het met die aanvang van sy verhoor in April verlede jaar skuld ontken. Hy is nadat die staat sy saak gesluit het, op die klagte van poging tot moord vrygespreek.
Volgens die bewyse wat voor die hof gebring is, het Noa die pasiënt die oggend van die voorval in sy bed in ’n konferensiekamer gestoot. Noa het die pasiënt later in sy kamer terugbesorg waar ’n fisioterapeut wat met hom [die pasiënt] moes werk ’n ongebruikte kondoom langs sy bed gekry en ook ’n vloeistof in die pasiënt se anale area gesien het.
Diedericks het tydens sy slotbetoë aangevoer daar was nie genoeg bewyse dat die pasiënt wél verkrag is nie. Hy het ook daarop gewys dat hoewel daar ’n forensiese ondersoek was, die staat gekies het om die uitslae van die hof te weerhou.
’n Datum is nog nie geskeduleer vir die lewering van betoë voor vonnisoplegging nie, omdat die betrokke partye eers oor beskikbare datums moet konsulteer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie