Foto Argief
Foto Argief

Liggaam in Swakopmund gevind

Nikanor Nangolo
Die liggaam van 'n 41-jarige vrou is Saterdagoggend in Mondesa, Swakopmund gevind.

Die oorledene is geïdentifiseer as Hilda Bloodstaan en sy is met een snywond aan die keel en 'n steekwond deur 'n verbyganger ontdek. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die hoof van gemeenskapsake in die Erongostreek, inspekteur Ileni Shapumba, het die voorval bevestig en gesê dit het omstreeks 06:00 tussen uitbreiding 26, Tulinawa en DRC informele nedersetting in Mondesa gebeur.

Bloodstaan se naasbestaandes is van haar dood ingelig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat die polisie in die ondersoek kan help, word versoek om hoofinspekteur Johannes Mwatongwe by 0812461121 te kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!