Ma in hof ná sy glo kind in duine los
Vrou is borgtog geweier
'n Petroljoggie het Saterdag 'n peuter in die duine naby Walvisbaai gevind.
Die vrou wat die afgelope naweek na bewering haar dogtertjie in die duine naby Narraville in die omgewing van Walvisbaai gelos het, het gister in die hof verskyn.
Die beskuldigde, Wilhelmina Ndapewa Abed (24), het glo haar peuter warm aangetrek en met ’n kombers bedek voor sy haar na bewering in die duine gelos het. ’n Verbyganger het omstreeks 07:10 die kind van een jaar en vier maande ontdek.
Abed is later dieselfde dag opgespoor waar sy kapana by ’n plaaslike sjebien in Kuisebmond verkoop het en sy is in hegtenis geneem. Sy is ingevolge die Wet op Kindersorg en Beskerming no. 3 van 2015 aangekla.
“Daar word beweer dat die verdagte haar dogtertjie in die duine gelos het sonder sorg waar sy aan gevaar blootgestel is.”
Abed het gister haar eerste verskyning voor landdros Rosalia Andima in die landdroshof op Walvisbaai gemaak op een klag van kinderverlating. Sy het aangedui dat sy haarself sal verteenwoordig.
Die staatsaanklaer, Penouua Katjiukua, het borgtog teengestaan op grond van die erns van die oortreding. Abed is borgtog geweier en die saak is tot 18 Junie uitgestel.
PA NIE GEARRESTEER
Hoofinspekteur Illeni Shapumba meen dat Abed se gedrag, of enige soortgelyke gedrag, nie goedgepraat kan word nie.
“Dit is belangrik om daarop te wys dat kinders die reg het om hul ouers te ken en versorg te word en ons as ouers het daardie grondwetlike verpligting.”
Hy het ook gesê dat hulle kennis geneem het van die publiek wat eis dat die kind se pa ook in hegtenis geneem moet word.
“Die pa (27) woon in Omuthiya in die Oshikotostreek. Voor enigiemand in hierdie saak in hegtenis geneem is, het ons deeglik ondersoek ingestel. In hierdie stadium het ons geen regsgronde om die pa te arresteer nie.”
PETROLJOGGIE VIND BABA
Die petroljoggie, Meruune Tutjavi (33), het die peuter in die duine gevind.
“Ek het Vrydag van die werk af gekom en die oggend teruggekeer. My maag was ongesteld, toe besluit ek om na die duine te gaan. Toe ek die duine nader, sien ek ’n kombers en ek hoor ’n hoes. Toe ek ondersoek gaan instel het, het ek die dogtertjie gekry.”
Nog ’n man het hom gehelp om die polisie in die hande te kry.
“Ek het gehuil. Ek was geskok dat iemand so iets sou doen. Ek is met ’n doel na die duine gestuur. Dit was my doel om daardie kind te vind.”
PLEK VAN VEILIGHEID
Die wet op kindersorg en beskerming maak voorsiening dat babas of kinders by plekke van veiligheid afgelaai kan word, wat polisiekantore en hospitale insluit.
In Walvisbaai is Babyline ’n diens waar ma’s 081 221 8081 anoniem kan skakel vir bystand, in plaas daarvan om hul babas te stort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie