Ma vergas glo babadogter
Die ||Kharas-polisie se misdaadondersoekkoördineerder, kommissaris Nicodemus Mbango, het aan Republikein bevestig ‘n saak van moord is aanhangig gemaak nadat ‘n 30-jarige vrou, wat aan ‘n beweerde geestesongesteldheid ly, glo haar 27 dae oue babadogter gister omstreeks 13:40 met gas vergiftig het. Volgens Mbango het die verdagte onlangs met behandeling vir haar geestesafwyking begin, maar die besonderhede oor haar toestand is nog nie aan polisiebeamptes bekend nie.
“Die slagoffer se ouma het hul huis verlaat en met haar terugkeer het die verdagte aggressief teenoor haar opgetree, waarna sy [die ouma] het na die bure se huis gevlug het. Toe sy later weer by die huis gekom het, het sy haar kleindogter op die vloer in die kombuis gekry en die gasbottel was oop,” het Mbango verduidelik.
Die baba is na die naaste mediesesorgeenheid gehaas, maar is daar dood verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie