DEADLY WEDDINGS: Two people have died after attending weddings in Oshikoto recently.
DEADLY WEDDINGS: Two people have died after attending weddings in Oshikoto recently.

Man by troue doodgesteek

Kenya Kambowe
‘n Man is by die dorpie Ohaiyanda in die Oshikotostreek deur ‘n man doodgesteek wat geweier het om 'n troue te verlaat.

Die voorval het omstreeks 20:00 gebeur toe Nesto Hafeni Jeremia (24) met 'n mes in sy linkerskouer gesteek is nadat hy 'n groep jongmense gevra het om 'n troulokaal te verlaat en na hul huise terug te keer.

“Na bewering het Jeremia tydens ‘n huwelikseremonie op die dorp opdrag aan al die jongmense gegee om die plek te verlaat en huis toe te gaan omdat dit laat begin word het,” lui ’n voorlopige polisieverslag.

“Daar word verder beweer dat die verdagte geweier het om aan die opdrag gehoor te gee. Jeremia het glo sy gordel gebruik om hom te slaan om hom te dwing om die huis te verlaat. Die verdagte het ’n mes uitgepluk, Jeremia gesteek en in die donker weggehardloop.”

Jeremia is met aankoms by die Omithiya-staatshospitaal dood. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisie se ondersoek duur voort.

Die voorval volg net meer as ‘n maand ná die wrede moord op 'n 34-jarige vrou wie se liggaam op 17 Augustus in 'n plas bloed gevind is by Ondera Farm waar sy 'n troue bygewoon het.

Volgens die polisie het die slagoffer, Petrika Axurus, saam met haar twee kinders en 'n neef na Wells Post in die Quinas-kiesafdeling gereis.

Volgens die polisie het 'n man in die vroeë oggendure van 17 Augustus na buite gegaan het om homself in die bos te gaan verlig. Terwyl hy daar was, het hy 'n paar sandale en merke gesien wat gelyk het of iemand oor die grond gesleep is.

“Die getuie het die spore gevolg en 'n naakte liggaam 'n paar meter vorentoe sien lê. Hy is dadelik terug in die huis om mense van sy ontdekking in te lig wat op hul beurt die polisie in kennis gestel het,” aldus die polisieverslag.

Die polisie het gesê huidige bewyse dui daarop dat Axurus waarskynlik verkrag is voordat sy vermoor is. ’n Man (24) is intussen in verband met die misdaad in hegtenis geneem.

Theopolina Kalompo-Nashikaku, Oshikoto se polisiebevelvoerder, het by navraag die organiseerders van private funksies aangemoedig om gebruik te maak van die gemeenskapspolisiëringseenheid bekend as die Men and Women Network.

Sy het gereageer op 'n navraag oor of private organiseerders van funksies en geleenthede die polisie se dienste kan inspan by funksies waar baie mense verwag word.

Gebeurtenisse soos troues en begrafnisse kan groot skares lok, wat vreemdelinge insluit wat moontlik nie die suiwerste bedoelings het nie.

“Dit is kommerwekkend dat hierdie [moord] gebeur het en dat [kriminele] dade by private byeenkomste plaasvind. Wat ek die publiek kan adviseer, is dat ons nog 'n arm het wat ons die Men and Women Network noem, wat altyd bymekaar kom om misdaad op [dorpsvlak] te bekamp,” het sy gesê. - republikein.com.na

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A