No Image Caption

Man dood ná koei hom bestorm

Elizabeth Kheibes
’n Man is Saterdag in die Grootfontein-omgewing dood nadat ’n koei hom glo bestorm het.

Volgens die Namibiese polisie het Kondjeni Penomwenyo Elias (25) omstreeks 09:00 uit ’n kamp gestap om na die koei te soek.

“Die oorledene was saam met sy eenjarige seun, wie se naam in hierdie stadium onbekend is. Die koei het beide bestorm en hulle het beserings opgedoen.

“Hulle het ná die voorval na die kamp teruggekeer en die hele dag gebly sonder om hospitaal toe te gaan. Die pa se toestand het versleg en hy is dieselfde dag omstreeks 16:00 op die plaas aan sy beserings dood,” sê die polisie.

VERKRAGTING

Op Rehoboth het ’n 29-jarige man na bewering ’n 51-jarige vrou verkrag nadat hulle saam by bure se huis gedrink het. Sy het glo die bure se huis verlaat en huis toe gegaan, maar vergeet om haar voordeur te sluit.

“Die verdagte het haar later wakker gemaak en sonder haar toestemming seksuele omgang met haar gehad. Toe hy klaar was, het hy aangetrek en geloop.

“Die verdagte is in hegtenis geneem,” lui die polisieverslag.

DIEFSTAL

Drie mans in die Ohangwenastreek is met ses 25 liter-houers met diesel en 34 houers met petrol betrap, wat vermoedelik uit Angola gesmokkel is. Die geraamde waarde is byna N$23 000.

DWELMS

In ’n ander voorval is ’n 17-jarige leerling van die Ekwafo Senior Sekondêre Skool gevang met 26 g-dagga met ’n geskatte waarde van N$1 300, in sy skooltas terwyl hy by skool was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!