0-2
0-2

Man grawe pa se oorskot op, verbrand skedel

Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula

Inwoners van die Omusatistreek is geskok deur die gebeure wat gevolg het nadat ‘n 25-jarige man na bewering sy pa se oorskot by die Eengolo-begraafplaas opgegrawe het.

Volgens die polisie het die verdagte sy pa se skedel verwyder en dit naby die graf verbrand.

Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Omusatistreek, adj.komm. Moses Simaho, het gesê die verdagte staan tereg op klagte van grafskending, lykskending en regsverydeling.

“Dit is skokkend vir elkeen van ons. Die rede vir hierdie daad is nog onbekend, maar die polisie se ondersoek na die saak duur voort,” het Simaho gesê.

Hy het gesê die verdagte se pa is in Mei vanjaar begrawe nadat hy glo doodgesteek is toe hy tussenbeide wou tree om ’n bakleiery tussen twee mense stop te sit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!