Man pleeg glo selfmoord in sy troupak
‘n 43-jarige man wat beplan het om volgende maand te trou, is gisteroggend dood in sy kamer gevind – met sy troupak aan. Hy het klaarblyklik selfmoord gepleeg in die bruin pak wat hy vir die troue sou dra.
Volgens die Namibiese polisie het die man se verloofde en familielede omstreeks 9:00 gister op hom afgekom waar hy van die dak in sy kamer gehang het. Die voorval het in die DRC-informele nedersetting op Swakopmund plaasgevind.
Sy verloofde sê sy het hom verskeie kere probeer bel en toe hy nie antwoord nie, het sy sy familie in kennis gestel en self van die werk af teruggekeur om na hom te kom soek. Sy sê hulle was van plan om in Desember vanjaar te trou.
Die staatsparamedikus asook die polisie was op die toneel en die man se oorskot is na die staatshospitaal op Swakopmund geneem.
Daar is geen selfmoordbrief op die toneel gevind nie en geen vuilspel word vermoed nie. Die polisie sal ‘n nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie