Man steek glo ghetto aan die brand
Vier lewens verloor
'n Man het vroeër vandag sy meisie en haar twee kinders vermoor en sy eie lewe geneem toe hy glo die ghetto waarin hulle op Karibib gewoon het, aan die brand gesteek het.
Volgens polisiewoordvoerder Hoofinspekteur Illeni Shapumba het die vrou (23) gister haar kêrel by die polisiestasie aangemeld vir 'n klagte van huishoudelike geweld en gesê sy wil hê hy moet uit die ghetto verwyder word. Die polisie het die saak ondersoek en dit is besluit hy moet sy besittings verwyder, wat hy toe na 'n ghetto geneem het wat aan die slagoffer se suster behoort. Na die waarskuwing het hy onderneem om nie terug te keer na die ghetto nie.
Shapumba het gesê die man het egter vanoggend omstreeks 05:00 teruggekeer na die slagoffer se ghetto en haar suster het hom oorreed om die pad te vat, maar hy het weer omstreeks 06:00 teruggekeer.
Die oorledene het glo haar suster gebel en haar ingelig dat die man weer by haar ghetto is. Die suster het daarheen gehardloop en die deur oopgedruk. Teen daardie tyd was die ghetto reeds aan die brand met die twee kinders wat op die bed geskree het terwyl die man die slagoffer haar in die hoek van die ghetto vasgedruk het om te keer dat sy ontsnap. Daar word vermoed hy het die ghetto aan die brand gesteek, wat gelei het tot die dood van die vrou, die twee kinders en homself.
Die naaste familie is ingelig en die slagoffers is geïdentifiseer as Josephine Nauses (23) en haar dogters Regina Nauses (7) en Loide Nauses (3).
Die man is geïdentifiseer as Mandela Afrikaner Mbaunguraiye (25).
Polisie-ondersoeke duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie