nuusbreker1
nuusbreker1

Man sterf ná seekoei-aanval

Die 43-jarige Suboni Twasenga is gister oorlede nadat ‘n seekoei hom in die Mutundwalo-kanaal by Kongola aangeval het. Dit het glo gebeur terwyl hy besig was om vis te vang.

Volgens die jongste polisieverslag is daar die afgelope naweek ook drie gevalle van selfmoord in onderskeidelik Khomasdal, Katima Mulilo en Okongo by die polisie aangemeld, terwyl altesaam vyf ander persone oorlede is.

Op Outjo is ‘n drie weke oue baba, Muhupua Karjirokere, Vrydagoggend dood tussen haar ouers in die bed aangetref, terwyl nog ‘n inwoner van die dorp ook op die dag dood in sy erf aangetref is – die 40-jarige Angolese burger, Armandu David.

Op Omuthiya is die 39-jarige Gerhard Antonius dood nadat hy ineengestort het, terwyl die 62-jarige Haggai Niimbundu van Onayena ook dood is kort nadat hy by die Onandjokwe-staatshospitaal opgedaag het.

‘n Klag van poging tot moord in Kuisebmond is aanhangig gemaak nadat ‘n 49-man glo in ‘n geveg met sy skoonseun betrokke geraak het en met ‘n besem oor die kop geslaan is. Hy het geval en is intussen na die Windhoek-staatshospitaal verplaas om behandeling vir sy beserings te ontvang. Geeneen is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek duur voort.

Nog ‘n saak van poging tot moord is oopgemaak nadat ‘n persoon op Tsandi twee keer met ‘n mes gesteek is. Die slagoffer sterk tans aan op Oshakati in die hospitaal, maar geen persoon is in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!