nampol
nampol

Man sterf ná seekoei-aanval

Agt dood oor naweek, vier verkrag
Die afgelope naweek is drie gevalle van selfdood by die polisie aangemeld, terwyl nog vyf ander mense gesterf het.
Elvira Hattingh
Die 43-jarige Suboni Twasenga is die afgelope Saterdag dood nadat ‘n seekoei hom in die Mutundwalo-kanaal by Kongola aangeval het. Hy was glo besig om vis te vang.

‘n Klag van poging tot moord is aanhangig gemaak nadat ‘n 49-man na bewering in ‘n rusie met sy skoonseun in Kuisebmond betrokke geraak en hom met ‘n besem oor die kop geslaan het. Hy het geval en is na die Windhoek-staatshospitaal oorgeplaas om behandeling te ontvang. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Nog ‘n saak van poging tot moord is aanhangig gemaak nadat ‘n persoon op Tsandi twee keer met ‘n mes gesteek is. Die slagoffer sterk tans in die Oshakati-hospitaal aan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens die afgelope Sondag se polisieverslag is drie gevalle van selfdood in onderskeidelik Khomasdal, Katima Mulilo en Okonog die afgelope naweek by die polisie aangemeld, terwyl altesaam vyf ander mense oorlede is.

Op Outjo is ‘n drie weke oue baba, Muhupua Karjirokere, Vrydagoggend dood tussen haar ouers in hul bed aangetref, terwyl nog ‘n inwoner van die dorp ook op die dag dood in sy erf gekry is – die 40-jarige Angolese burger, Armandu David.

Op Omuthiya is die 39-jarige Gerhard Antonius dood nadat hy ineengestort het, terwyl die 62-jarige Haggai Niimbundu van Onayena ook dood is kort nadat hy by die Onandjokwe-staatshospitaal opgedaag het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!