Cyphostemma bainesii-Pflanze
Cyphostemma bainesii-Pflanze

Mans betrap met beskermde plante

Drie mans is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hulle met beskermde plantspesies van ongeveer N$80 000 in die Kavango-Wesstreek betrap is.

“Die drie verdagtes van onderskeidelik 27, 30 en 37 jaar oud, is Vrydag by die Namasira-polisiekontrolepunt gearresteer nadat hulle met 7 x 150 kg-sakke Cyphostemma, met ’n gewig van sowat 429 kg en ter waarde van N$79 288, betrap is,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Volgens die verslag het die verdagtes nie ’n permit gehad wat hulle goedkeuring verleen het om die spesifieke beskermde plantspesies te oes of te vervoer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!