Masolijn glo onderwêreld se ‘Puntkop’
N$306 000 se kokaïen in sy motor gevind
Hy het tronkstraf vir moord uitgedien en is ook met die verdwyning van 'n berugte Ecstasy-baron verbind wie se lyk jare later steeds nie gevind is nie.
Die man wat Maandag in ’n vermoedelike sluipmoordaanval buite sy huurhuis op Swakopmund doodgeskiet is, was ’n bekende in dwelmkringe in die buiteland waar hy as “Puntkop” bekend gestaan het.
Die 53-jarige Roland Masolijn het onder meer tronkstraf vir ’n moord in Nederland uitgedien en word ook met die verdwyning van ’n dwelmbaas verbind.
Hy het die afgelope drie jaar in Namibië gewoon, maar die visum waarmee hy die land binnegekom het, het intussen verval. Die identiteit van sy Namibiese meisie is nie bekend nie.
Masolijn was volgens Nederlandse media – wat sy skietdood in Namibië wyd gedek het – ’n bekende in die onderwêreld van Brabant, ’n provinsie in die suide van Nederland en die stad Eindhoven waar hy gewoon het.
Dit is ook in dié stad waar hy in 2001 skuldig bevind is aan die moord op Michel Stuiver wat hy op straat in Kruidenbuurt in Eindhoven doodgeskiet het.
Volgens Nederlandse berigte het Masolijn beweer Stuiver het hom vir ’n geruime tyd gedreig. Masolijn het glo hoofsaaklik in North Limburg, ’n streek in die suide van Nederland gewoon waar hy in 2013 ’n moontlike verdagte was in die verdwyning van die groot “Ecstasy-baron” Henk Vierwind van Nederweert.
In 2018 is hy ook met die grootskaalse kweek van dagga in Noord-Holland verbind.
Vierwind het op 6 Desember 2013 vermis geraak, nadat hy glo verskeie dreigemente uit die onderwêreld ontvang het waar hy volgens berigte “honderde miljoene euro’s” uit kriminele aktiwiteite gemaak het.
Sy lewensmaat Jeanette Pieper het in ’n onderhoud met ’n Nederlandse koerant gesê Vierwind het vroeg die oggend uit Het Verscholen Dorp in Harderwijk na Nederweert vir ’n besigheidsafspraak met ’n sekere Roland M (Masolijn) vertrek.
Die afspraak het glo met dwelms verband gehou, met Masolijn wat ontken het dat hy Vierwind gesien het.
Vierwind het sy huis volgens Pieper met baie geld en ’n paar vate olie vir die vervaardiging van sintetiese dwelms verlaat, waarvan niks in sy motor gevind is wat in Rotem in België-Limburg, net anderkant die grens met Holland-Limburg, gevind is.
Die hoeveelheid bloed wat in sy motor gevind is, het die polisie tot die gevolgtrekking gebring dat hy dood is, hoewel sy lyk jare later ná talle soektogte nog nooit gevind is nie.
Vierwind het ook sakebande met die Serwiër Hajzer Fazlijevic gehad wat in België gewoon het en wat ses maande voor hom verdwyn het. Fazlijevic het glo ook bande met Masolijn gehad.
Vierwind het tydens sy tien maande tronkstraf wat hy vir die kweek van dagga moes uitdien buiten vir Masolijn nog ’n dwelmhandelaar Anton H. ontmoet. Hy het met albei sake gedoen.
Intussen het die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, gesê die waarde van die 510 gram kokaïen wat in Masolijn se motor gevind is, beloop sowat N$306 000. Die motor is in sy meisie se naam geregistreer. Die vuurwapenlisensie in haar wat in ’n kluis in die huis gevind is, is volgens Shapumba vir ’n wapen wat vroeër vanjaar by ’n plaaslike wapenhandelaar in Swakopmund ingegee is en wat aan ’n nuwe eienaar verkoop is. Die nuwe eienaar het volgens hom ’n aansoek vir ’n lisensie ingedien.
Shapumba het ook verwys na ’n video wat wyd in die sosiale media versprei is en wat glo die aanvaller in die straat uitwys. Hy het gemaan die publikasie van bewyse in dié baie vroeë stadium van die ondersoek, kan die polisie se ondersoek ernstig benadeel.
“Die polisie ondersoek en kan nie baie van die besonderhede van die vooruitgang wat gemaak is, in hierdie stadium bekendmaak nie,” het hy gesê.
Bronne: OmroepBrabant/netherlands.postsen/Gelderlander/DeStentor
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie