Miljoene dollar nodig om fluitjieblasers te beskerm
GIPF stel webwerf vir hoekaairoepers bekend
Die ministerie van justisie vra ontwikkelingsvennote se hulp om die stryd teen korrupsie te finansier.
Die regering benodig N$160 miljoen per jaar om wetgewing te implementeer wat hokaairoepers teen korrupsie beskerm.
So sê die minister van justisie, me. Yvonne Dausab.
“Die geld is bloot nie beskikbaar nie,” het sy gesê.
Sy was Dinsdag die hoofspreker by die staatspensioenfonds (GIPF) se bekendstelling van sy nuwe webwerf vir etiese hulp aan hokaairoepers wat by Am Weinberg Hotel in Windhoek gehou is.
Dausab sê die ministerie is opsoek na innoverende alternatiewe bronne om die toepassing van die Wet op die Beskerming van Hokaairoepers, nr. 10 van 2017, asook die vestiging van ’n kantoor om hokaairoepers te beskerm, te finansier.
“As ’n verantwoordelike regering bly ons vasbeslote om ’n oplossing te vind en het innoverende inisiatiewe begin vir die verkryging van finansiering om die implementering van die wetgewing moontlik te maak.
“Dit kan in die vorm van toelaes van skenkers en ontwikkelingsvennote wees. Daar moet benadruk word om goeie bestuur te verseker – waarvan die beskerming van hokaairoepers ’n komponent is – is beide deel van die ministerie van justisie se strategiese plan, en die Harambee-welvaartsplan; en ons sal dit by die vroegste geleentheid wil implementeer, eerder as om die implementering uit te stel,” het sy gesê.
Dausab het die GIPF geprys omdat hy 'n platform geskep het waardeur hokaairoepers inligting oor korrupsie, misdaad en wanbestuur van pensioengeld anoniem sal kan deel.
Die pensioenfonds se inisiatief kom kort ná beweerde korrupsie waarby GIPF-werknemers betrokke was, onlangs aan die lig gekom het.
Die GIPF-raad se voorsitter, me. Nillian Mulemi, het by die geleentheid gesê: “Die platform vir hokaairoepers word ingestel om ons werknemers, lede en belanghebbendes die geleentheid te gee om onetiese bedrywighede teen die fonds aan te meld: vertroulik en sonder vrees vir vergelding.
“Dit is besonder betekenisvol terwyl die fonds ’n betreurenswaardige voorval van die oortreding van ons interne finansiële beheermaatreëls ondersoek. Die betrokke personeellede is by die bestuur van ons elektroniese betaalstelsel werksaam.
Sy het “alle belanghebbendes bedank wat ondersteuning gebied het om ons te help om spoedig die nodige voorlopige bewyse in te samel.
“Dit is binne ’n paar dae nadat ons ’n voorval van onetiese gedrag ontbloot het, wat deur samespanning en omseiling van ons eie personeellede beplan en gepleeg is. Personeellede wat toevertrou was om die betalingstelsel te bestuur. Die wet is sedertdien in volle gang en verdere ondersoeke duur voort,” sê sy.
Die uitvoerende hoof van die fonds, mnr. David Nuyoma, het by die geleentheid gesê die GIPF het lidmaatskap van meer as 145 000 lede, afgetredenes en jaargeldtrekkers en ’n batewaarde van meer as N$140 miljard.
Die stryd teen korrupsie is ’n kritieke komponent in die bewaring en groei van die fonds, sê hy.
“Die GIPF betaal meer as N$300 miljoen elke maand aan pensioenarisse, weeskinders en ander wettige afhanklikes uit en reusebeleggingsbedraes word afgehandel. Daarom is daar ’n spesiale behoefte om op ons hoede te wees en enige pogings deur diegene wat in die versoeking kom om hul gierigheid te bevredig deur hul hande in die kasregister te druk, te stuit,” sê hy.
Mnr. Athol Williams wat in Suid-Afrika tydens die ondersoek oor staatskaping getuig het, was virtueel teenwoordig om die risiko’s te benadruk wat hokaairoepers loop.
“Dit het my lewe verwoes,” sê hy.
Hy sê die beskerming van hokaairoepers skiet tekort in Suid-Afrika en hy is bly stappe word gedoen om dit in Namibië te implementeer.
“Staatskaping het in Suid-Afrika gebeur en dit gebeur waarskynlik ook in Namibië,” het hy gewaarsku.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie