Minderjariges, ma sterf in brand
’n Man het die afgelope naweek sy meisie en haar twee kinders, van onderskeidelik 3 en 7 jaar oud, vermoor en sy eie lewe geneem toe hy glo die huis waarin hulle gewoon het aan die brand gesteek het.
Die voorval het in die vroeë oggendure op Karibib plaasgevind.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, hoofinspekteur Illeni Shapumba, het die vrou (23) Saterdag ’n klag wat verband hou met huishoudelike oortredings teen haar kêrel by die polisiekantoor aanhangig gemaak, Sy het die polisie versoek om die man uit die huis te verwyder.
“Die polisie het die saak hanteer en daar is besluit dat hy sy besittings moes verwyder wat hy by die huis wat aan sy meisie se suster behoort, gehou het. Nadat die polisie die waarskuwing uitgereik het, het hy belowe om nie na die huis terug te keer nie.”
Shapumba het verder verduidelik dat die kêrel omstreeks 05:00 Sondag teruggekeer het na die huis, maar die vrou se suster het hom oortuig om weer te gaan. Hy het wel omstreeks 06:00 weer teruggekeer.
“Die oorledene [vrou] het na bewering weer haar suster gebel en vir haar gesê dat haar kêrel by die huis ingebreek het en binne die huis is. Die suster het toe na die huis gehardloop en die deur oopgestoot.
“Die huis was egter reeds aan die brand met die twee kinders wat op die bed geskree het, terwyl die kêrel sy meisie vasgehou het. Hy het haar glo teen die hoek van die huis gedruk en haar verhoed om uit die vlamme te ontsnap.
“Die kêrel het na vermoede die huis aan die brand gesteek wat tot die dood van sy meisie, haar twee kinders en homself gelei het,” sê Shapumba.
Die oorledenes se naasbestaandes is van hul dood in kennis gestel. Die name van die slagoffers is Josephine Nauses (23) en haar dogters Regina (7) en Loide (3).
Die kêrel is as Mandela Afrikaner Mbauguraiye (25) geïdentifiseer.
– republikein@republikein,.com.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie