Die polisiebevelvoerder in die Kavango-Oosstreek, kommissaris Andreas Haingura. Foto Nikanor Nangolo
Die polisiebevelvoerder in die Kavango-Oosstreek, kommissaris Andreas Haingura. Foto Nikanor Nangolo

Misdaad kan toeneem in aanloop tot verkiesing

Samewerking is belangrik
Hoewel die feesseisoen 'n opwindende tyd kan wees, waarsku polisie dat mense op hul hoede moet wees aangesien misdadigers onbewaakte huise, kantore en ander eiendomme kan teiken.
Nikanor Nangolo
Kommer is onlangs uitgespreek oor die moontlike styging in misdaad in die aanloop tot die verkiesing op 27 November en die daaropvolgende feesseisoen.

Die polisie se streekbevelvoerder in die Kavango-Oosstreek, kommissaris Andreas Haingura, het Woensdag inwoners aangemoedig om op hul hoede te wees en saam met die polisie te werk.

“Soos die feestyd nader kom stroom mense na die dorpe en inwoners moet ekstra versigtig wees. Wanneer hulle geld trek of banktransaksies doen, moet hulle waaksaam bly.

“Boonop moet hulle sekermaak alles is veilig gesluit wanneer hulle hul huise verlaat. Kom ons laat iemand by die huis bly om inbrake te voorkom,” het hy voorgestel en bygevoeg dat mense verdagte aktiwiteite by die polisie moet aanmeld.

“Ons moet saamwerk as ’n span, die gemeenskap en die polisie. Dit sal help om kriminele aktiwiteite te voorkom.”



FEESSEISOEN

Die hoofinspekteur van die polisie in Kavango-Wesstreek, Raimbert Muronga, het dié waarskuwings beaam soos die vakansie nader kom en mense begin om hul reise plaaslik en in die buiteland te beplan.

“Hierdie seisoen bring opwinding, maar ook verhoogde angs, aangesien misdadigers onbewaakte huise, kantore en ander eiendomme kan teiken.

“Wanneer mense reis en hul huise of werkplekke sonder toesig laat, word hierdie plekke meer kwesbaar. Om vir sekuriteit te reël of iemand agter te laat, kan misdadigers afskrik,” het hy gesê.

Muronga het ook gewys op die komende verkiesings as nog ’n potensiële veiligheidsrisiko.

Hy het die publiek ook aangeraai om plaaslike polisiekantore van hul reisplanne in te lig, wat patrollies moontlik sal maak en ekstra toesig vir onbewoonde huise sal bied.

“Samewerking tussen die gemeenskap en die polisie is noodsaaklik. Deur inligting te deel en saam te werk, kan ons ’n veiliger omgewing vir almal skep,” het hy bygevoeg.

Muronga het aanbeveel om waardevolle items uit sig te hou wanneer jy reis.

“Om items soos kameras of duur toerusting binne sig in motors te laat, maak dit maklike teikens vir misdadigers.”



NDAMA

’n Raadslid van Rundu se landelike kiesafdeling, Victoria Kauma, het ook die belangrikheid van gemeenskapsamewerking in misdaadvoorkoming beklemtoon.

Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die hoë misdaadsyfer, veral in die Ndama-omgewing.

Kauma het tydens ’n onlangse skenkingsgeleentheid vir toerusting ’n beroep op die Rundu-dorpsraad en die polisie gedoen om die planne vir ’n polisiekantoor in Ndama te bespoedig.

“Ndama is bekend vir sy hoë misdaadsyfer, grootliks gedryf deur bendes werklose jeugdiges. Algemene misdade sluit in die diefstal van selfone, aanranding en verkragting.

“Ek wil sien dat die polisiekantoor ’n werklikheid word. Ons, die Rundu-dorpsraad, die streekraad en die polisie moet saam met regeringsondersteuning hierdie kantoor ’n werklikheid maak om misdaad in hierdie omgewing te bekamp,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!