Home Corp Swakopmund is Woensdag beroof. Foto Mapio.net
Home Corp Swakopmund is Woensdag beroof. Foto Mapio.net

Misdaadnes in Erongo ontbloot

Gesteelde items teruggevind
Twee vasgetrekte verdagtes het die polisie in Erongo gehelp om 'n nes van diewe te ontbloot wat soortgelyke misdade gepleeg het.
Adam Hartman
Die inhegtenisname van twee verdagtes wat Woensdag by die inbraak van Home Corp se Swakopmund-tak betrokke was, het die polisie in Erongo gehelp om ’n nes van diewe te ontbloot wat by vorige soortgelyke gevalle betrokke was. ’n Wapen en gesteelde items wat in twee aparte voorvalle gebruik is, is by die verdagtes gevind.

Die voorvalle sluit ’n roof in Walvisbaai se Tutaleni-woonbuurt in.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, Erongo se koördineerder van misdaadondersoeke, is drie verdagtes nog op vrye voet.

“Hulle is welbekend aan die ondersoekspan en die soektog is onderweg om hulle op te spoor,” het hy gesê.

Die diewe het Woensdag omstreeks 03:30 na bewering die glasdeur van Home Corp gebreek en toegang tot die winkel verkry. Altesaam 20 skootrekenaars, agt skootrekenaarsakke, agt selfone, sewe kameras, sewe lense en twee stofsuiers is gebuit. Al die gesteelde goedere is teruggevind, hoewel die waarde daarvan nog bepaal moet word.

Iikuyu sê die polisie kon met die hulp van G4- en Rubicon-sekuriteit, sowel as die Swakopmund-buurtwag twee van die verdagtes vastrek en het ook beslag gelê op die voertuig wat tydens die diefstal gebruik is.

Die verdagtes was in besit van ’n wapen wat tydens ’n roof verlede maand in Tutaleni gebruik is, terwyl ’n soektog by een van die verdagtes se huis in Walvisbaai items opgelewer het wat ’n week gelede by Markhams op Swakopmund gesteel is. Dieselfde metode is gebruik om in te breek, met ’n baksteen wat gebruik is om die hoofglasdeur in die vroeë oggendure stukkend te slaan.

In dié voorval het die verdagtes klere ter waarde van N$56 400 gesteel. Sommige hiervan is tydens die inhegtenisname van die Home Corp-verdagtes gevind.

Die verdagtes sal vandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!