Die koei was vasgebind terwyl die bakkie langs die pad in die son geparkeer was. Foto verskaf
Die koei was vasgebind terwyl die bakkie langs die pad in die son geparkeer was. Foto verskaf

Mishandeling van koei veroorsaak opskudding

Tanja Bause
’n Koei wat agter op ’n bakkie lê en vasgebind is, het opskudding by dierebeskermingsverenigings veroorsaak.

Die bakkie was langs die pad in die son naby die Isize-nedersetting buite Katima Mulilo geparkeer. Die bestuurder het ’n entjie verder by ’n winkel gestaan.

“Ek het ’n werker by die Isize-nedersetting gaan aflaai en toe ek terug Katima toe ry het ek die bakkie gesien en gestop om foto’s te neem. Die bestuurder het gevra wat ek doen en ek het besluit om weg te ry, want ek was vroualleen.”

Sy het egter ’n polisieman langs die straat gekry en hom gevra of hy iets kan doen. Niks het daarvan gekom nie.

Volgens haar kom talle gevalle voor van vee wat agter op bakkies vervoer word.

“Ek verstaan dit, maar om die dier vas te bind dat hy nie kan beweeg nie en om in die son te parkeer terwyl daar ’n boom ’n paar meter verder is, is dieremishandeling op ’n heel ander vlak. Ek het al gesien hoe tussen 50 en 80 lewende hoenders agter in ’n bakkie gegooi is en so vanaf Grootfontein tot in Katima vervoer is.”

“Die bestuurder en of eienaar oortree potensieel die wet op veediefstal [’n permit word benodig om beeste te vervoer], die dierebeskermingswet en van die Vleisraad se minimum standaarde vir bestuurders wat lewende hawe vervoer en hul vervoermetode.”

Me. Heather Craemer, voorsitter van Namibian Animal Welfare Association (Nawa), het die voorval betreur.

“Dit word tyd dat die gemeenskap en mense wat diere besit, besef dat diere wêreldwyd as hemelse wesens gesien word en nie as eiendom nie. Namibiërs moet dit begin besef en diere met meer respek en waardigheid behandel. Die Wet op Dierebeskerming van 1962 is verouderd en pas glad nie meer in hoe die res van die wêreld dink en waarheen almal beweeg nie,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!