Kommissaris Titus Shikongo Foto argief
Kommissaris Titus Shikongo Foto argief

Moenie jou baba doodmaak nie, smeek Omusati-polisie

Tuyeimo Haidula
’n Een-en-twintigjarige vrou van die Omunyele nedersetting in die Etayi kiesafdeling in die Omusatistreek is aangekla van moord en die verberging van geboorte, omdat sy na bewering haar babaseuntjie vermoor, hom in ’n kombers toegedraai en die lykie in ’n puttoilet gestort het.

Die voorval het glo op Saterdag 19 Februarie omstreeks 23:00 gebeur. Die verdagte is Woensdag in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die Oshikuku Rooms-Katolieke hospitaal.

Volgens die polisie se streekbevelvoerder in Omusati, kommissaris Titus Shikongo, is die baba se lewelose liggaam eers Woensdag omstreeks 18:00 in die putlatrine in ’n mahangu-veld ontdek.

“Die liggaam word in die Onandjaba polisielykshuis gehou en sal later na die Okahao polisielykshuis vervoer word vir die nadoodse ondersoek,” het hy gesê.

TWEEDE IN ’n WEEK

Die voorval is die tweede van dié aard wat binne ’n week in die Omusatistreek aangemeld is.

Op Saterdag 19 Februarie is ’n 22-jarige Angolese vrou vir moord en die verberging van geboorte in hegtenis geneem.

Dié verdagte het geboorte aan ’n dogtertjie geskenk, vir wie sy lewendig in die kleisand van ’n droë water pan begrawe het. Die baba het gevolglik gesterf.

Die verdagte is oorspronklik van Xangongo in die suidelike Cuneneprovinsie van Angola. Sy was as ’n huishulp in die Omaumba nedersetting werksaam.

Die polisie-ondersoeke in beide sake duur voort.

Shikongo het gesê die polisie is bekommerd oor die gevalle van babastorting en versoek vroue om ongewenste babas by plekke van veiligheid te los, soos deur die Namibiese regering toegelaat word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!