‘Moenie naïef wees oor dwelms op jou plaas’
Nyime gee raad
Die teenstropingseenheid sê hulle is veral bekommerd oor 'n nuwe, hoogs verslawende dwelm wat maklik tuis opgekook kan word en boonop goedkoop is.
Buiten dat onwettige middels en produkte soos kokaïen, dagga, mandrax-tablette, Angolese whiskey-sakkies en onwettige Yes-sigarette dikwels onder landelike gemeenskappe aangetref word, is ’n plaaslike teenstropingseenheid veral bekommerd oor die nuwe aanslag van “crack”-kokaïen.
“Dis ’n hoogs verslawende middel en word maklik, op eenvoudige huishoudelike toestelle met oor-die-toonbank dwelmiddels geproduseer,” sê mnr. Uys Prinsloo van die Nyime teenstropingseenheid.
Hy is onlangs deur die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) gevra om ’n artikel te skryf oor die toename in onwettige middels op kommersiële plase en onder landelike gemeenskappe. Die artikel het Vrydag in die Namibië Landbou-unie (NLU) se nuusbrief verskyn.
Prinsloo sê die besit van onwettige produkte en middels soos alkohol, bosvleis (biltong), veediefstal, die diefstal van vuurmaakhout asook algemene diefstal is alles met mekaar verbind.
Hy meen die feit dat “crack”-kokaïen so maklik vervaardig kan word, voorspel moeilikheid.
“As dit plaaslik gekook word, kan ons verseker wees dat dit baie goedkoper as tevore verkoop word en ’n skielike oorstroming na nuwe markte sal veroorsaak. Dit kan ’n uiters negatiewe impak op landelike gemeenskappe hê.”
SO LYK DIT Prinsloo sê die sakkies met onwettige Angolese whiskey, wat ook dikwels in landelike gebiede gevind word, is ’n effens verdunde, gegeurde etanol-gebaseerde drank. Die “Yes-sigarette” is in ’n goue pakkie met die YES-handelsmerk op, maar met Portugese of Spaanse bewoording. Dagga word dikwels in verpakking gevind, terwyl mandrax-tablette dikwels in die vorm van groot wit of gelerige tablette, of stukke daarvan, gevind word. Kokaïen, wat soms ook Tick genoem word, is ’n gekristalliseerde wit of deurskynende stof, het hy geskryf.
Prinsloo sê georganiseerde misdadigers organiseer die smokkel van hierdie middels na landelike gebiede in ruil vir kontant, gestroopte of gesteelde produkte of ander items wat in dorpe en stede verkoop kan word.
“Enige iets wat maklik na kontant omgeskakel kan word, kan as betaling dien. Die meeste plaaswerkers ontvang hul salarisse in kontant. Die sindikate verruil hierdie items vir kontant, wat byna geen spoor laat nie.
“Wetstoepassing in landelike gebiede behoort elke boer se ‘besigheid’ te wees. Moet asseblief nie naïef wees en dink die tentakels van dié bedryf bereik nie jou eiendom of perseel nie,” sê Prinsloo.
NEEM STAPPE Hy meen alle boere kan iets doen om hul personeel te beskerm en sodoende te help met misdaadvoorkoming in hul gebied.
Prinsloo sê boere kan dié swartmarkte beveg deur sekere stappe te doen. Dit sluit in dat werkers se wonings deur die polisie of ’n sekuriteitsmaatskappy stelselmatig deursoek word, deur nie ongemagtigde beweging op jou eiendom toe te laat nie en jou werkers se wonings gereeld te besoek.
“Jy moet werklik belangstel in hul lewensomstandighede en maatskaplike uitdagings en jy moet toeganklik wees. Hanteer inligting wat jy van werkers ontvang op ’n vertroulike manier en gee dit deur aan betroubare sekuriteitspersoneel of polisielede.
“Rapporteer onreëlmatige gedrag van individue wat moontlik gebruikers of kopers van die middele is en wees bewus van moontlike verkopers wat op jou eiendom woon.
“Oefen om bewus van jou omgewing en die groter gebied te wees en meld dinge wat uit plek lyk of vreemde, nuuskierige gedrag aan. Jou plaaslike polisiekantoor, sekuriteitsverskaffer of boerevereniging kan ’n WhatsApp-groep stig waar verdagte aktiwiteite in jou betrokke omgewing aangemeld kan word.
“Ons het al telkens, in al ons operasionele gebiede en gemeenskappe, gesien dat wanneer ’n boerderygemeenskap wetstoepassers en plaaslike sekuriteitsverskaffers nader en van ’n goed gekommunikeerde en gekoördineerde misdaadvoorkomingstrategie gebruik maak, die aanslag van ’n nuwe dwelmmiddel versag kan word.
“Nyime het oor die afgelope agt jaar ’n gerespekteerde en suksesvolle teenstropingseenheid oor die noordelike streke van Namibië bestuur. Dit sluit in honderde kommersiële plase, reservate, staatseiendom asook ander landelike gebiede waar hulle dienste soos wagte, permanente voetpatrollies, voertuigpatrollies, gewapende reaksie-eenhede, K9-dienste, monitering, sekuriteitsinstallasies asook landelike toesig- en konsultasiedienste aanbied.
“Oor die jare het ons talle unieke strategieë en tegnieke ontwikkel as dit by misdaadvoorkoming en hulpverlening aan landelike polisiemagte kom, wat Nyime vandag een van die land se grootste en toonaangewende landelike sekuriteitsverskaffer maak,” het Prinsloo gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie