Momentum distansieer hom van ‘bedrogskema’
Jemima Beukes – Die plaaslike versekeringsreus, Momentum Namibia, distansieer homself van die beweerde bedrogskema wat gelei het tot ’n sekwestrasiebevel teen Michael Hough Bronkhorst om sowat N$103 miljoen te verhaal wat na bewering van dié versekeraar se kliënte verduister is.
Bronkhorst is ’n bekende plaaslike geoktrooieerde rekenmeester en sakeman, ’n voormalige finansiële bestuurder by Alexander Forbes en makelaar vir Petrichor Capital. Petrichor Capital het vandeesmaand die sekwestrasiebevel van die hoërhof teen Bronkhorst verkry.
Bronkhorst was in beheer van ’n skema waarin Petrichor sy kliënte in staat gestel het om geld te leen deur hul polis met Momentum Insurance as sekuriteit te gebruik.
Volgens kenners word hierdie soort polisbelegging dikwels gebruik om belasting te ontduik, maar Momentum Namibia se woordvoerder, Denille Roostee, het egter hierdie bewerings verwerp en gesê dit is ’n wettige sakemodel.
“Soos met enige lening, moet jy sekuriteit gee dat jy die lening kan terugbetaal. Die gebruik van ’n polis as waarborg is wettig en word in verskeie ander formate gedoen. Hierdie beleid is ’n instrument vir risikobestuur wat deur kliënte oraloor die wêreld gebruik word om voorsiening te maak vir onvoorsiene risiko’s,” het Roostee gesê.
Sy het ten sterkste enige verbintenis met Bronkhorst en die beweerde bedrogskema ontken en gesê Momentum het nie as ’n makelaar vir Petrichor Capital opgetree nie en dat sy kliënte heeltemal veilig is. Volgens haar is geen kliënte se fondse by Petrichor belê nie.
“Petrichor stel individue in staat om geld te leen deur hul polis met Momentum Insurance as sekuriteit te gebruik. Dit werk soos om ’n lening by ’n bank uit te neem; om jou lewensversekeringspolis as sekuriteit aan die bank te sedeer. In hierdie geval is die bedrog teen Petrichor gepleeg aangesien daar geen goedkeuring van die kliënt was om die polis as sekuriteit te sedeer nie. Momentum Insurance tree nie op as ’n makelaar vir Petrichor nie, Petrichor hanteer uitsluitlik alle lenings direk. Momentum Insurance registreer bloot ’n oordrag (cession), op versoek van Petrichor, teen die kliënt se polis as sekuriteit wanneer vir ’n lening aansoek gedoen word.
“Enige oordrag wat op bedrieglike wyse verkry is, word deur Momentum Insurance afgekeur en daar is dus geen oordrag teen ’n kliënt se polis waar bedrog gepleeg is nie,” het sy gesê.
Sy het ook bygevoeg dat dit belangrik is om daarop te let dat Momentum Insurance nie verliese sal ly tensy die skuldbriewe binne Petrichor nie afgelos word nie.
Momentum Namibia se posisie is egter strydig met die kommer wat geopper is deur die voormalige Petrichor-trustee, Heinrich Jansen van Vuuren, oor die bewering dat daar ’n tekort van N$60 miljoen is aangesien Bronkhorst se bates slegs N$38 miljoen beloop en dat dit volgens hom duidelik is dat Bronkhorst nie in staat is om die geld terug te betaal nie.
Van Vuuren het aan die hof gesê dat Bronkhorst vir Petrichor gevra het om die geld aan hom te leen om hom in staat te stel om Petrichor terug te betaal.
Momentum Namibia is egter meer optimisties as Van Vuuren en het in ’n eksklusiewe onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê dit blyk of meeste van die fondse verhaal sal kan word, maar dat Momentum se solvensieverhouding veilig is, ongeag.
“Momentum word voldoende gekapitaliseer in ooreenstemming met die vereistes wat deur reguleerders uiteengesit word. Dit is belangrik om daarop te let dat dit veels te vroeg is om te spekuleer of Petrichor nie sy skuldbriewe sal kan aflos nie, aangesien hulle tans alle weë ondersoek om soveel as moontlik te verhaal. Ná hierdie verhalings sal die aandeelhouers in Petrichor moet besluit hoe om die skuldbriewe af te los,” het sy gesê.
Die beweerde grootskaalse bedrog is op 3 en 4 Maart vanjaar oopgevlek nadat ’n kliënt van die versekeringsmaatskappy fondse uit sy polis wou onttrek. Die kliënt is egter ingelig dat hy nie die fondse kan onttrek nie aangesien die polis aan Petrichor gesedeer is as sekuriteit vir ’n lening van N$2,5 miljoen aan ’n maatskappy genaamd BV Investments Eight Hundred en Eighty Six cc – ’n maatskappy wat deur Bronkhorst besit word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie