Moord, aanranding seëvier dié naweek
Die Namibiese polisie se jongste misdaadverslag word oorheers deur verskeie moorde wat landswyd voorgekom het.
Saterdag het ’n argument in Tsumeb gelei tot die dood van Gurney Elrich Uirab wat met ’n onbekende voorwerp in sy maag gesteek is. Uirab het in die hospitaal aan sy wonde beswyk en ’n 27-jarige verdagte is in verband met sy dood in hegtenis geneem.
* In Omuthiya het die 46-jarige Andreas Lukas geval en sy kop teen ’n muur gestamp. Volgens die misdaadverslag is Lukas met sy aankoms by die Omuthiya-distrikshospitaal dood verklaar. Lukas het na bewering voor hy geval het, iemand met ’n tradisionele mes gejaag en die 32-jarige man van agter in sy kop gesteek. Die man het omgedraai, Lukas glo gegryp en hy het geval en sy kop gestamp. Die verdagte sal op ’n klag van moord in die landdroshof op Ongwediva verskyn.
AANRANDINGS
* In die Eenawa-nedersetting in die Omusatistreek het verdagtes ’n onbekende man met ’n ysterstaaf oraloor sy kop en lyf geslaan nadat hulle hom glo op heterdaad betrap het waar hy by sjebiens ingebreek het. Hy het verskeie beserings opgedoen waaronder oop wonde op sy kop en is in ’n kritieke toestand in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem. Niemand is nog in verband met die beweerde aanranding in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.
* ’n Dertigjarige vrou se kêrel het haar Saterdag op Stampriet tydens ’n argument herhaaldelik aangerand. Sy het ernstige beserings aan haar kop, bors, skouers en arms opgedoen en is in die staatshospitaal op Mariental opgeneem. Die verdagte is nog op vrye voet.
INBRAKE, DIEFSTAL
* Ook Saterdag het verdagtes na bewering ’n skroewedraaier gebruik om toegang tot ’n huis in Klein Windhoek te verkry. Die verdagtes is vort met ’n skootrekenaar, ’n MacBook, iPad, Samsung Galaxy Note 10, twee iPhones, twee iPhone-horlosies, ’n Mondaine Swiss-horlosie en twee televisiestelle. Die waarde van die gesteelde items word op sowat N$250 000 beraam. Die items is nog nie teruggevind nie en die verdagtes is steeds op vrye voet.
* In die Eenawa-nedersetting in die Omusatistreek het ’n verdagte ’n onbekende voorwerp gebruik om by ’n winkel in te breek. Items ter waarde van meer as N$17 000 is gesteel. Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.
* Op dieselfde dag is ’n motoris van sy iPhone 13 Pro Max beroof toe diewe dit in Wanaheda uit sy motorvenster gegryp het. Die waarde van die selfoon is N$26 000.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie