'My vrou en kinders sal ly as ek in die tronk bly'

Borgtog geweier
Die beweerde Henning Crusher-skieter het Maandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot Maart.
Tuyeimo Haidula
Tuutileni Mika het die hof verstom toe hy Maandag borgtog vra om huis toe te gaan sodat hy sy vrou en kinders kan onderhou wat volgens hom van sy inkomste afhanklik is.

Mika word daarvan aangekla dat hy Vrydag een van sy base vermoor en ’n ander ernstig beseer het by die Henning Crusher-maatskappy waar hy as skoonmaker aangestel was.

John Myburgh (43) is gedurende die voorval die afgelope naweek op slag dood en Johan Richter (44) is in die Ondangwa-private hospitaal opgeneem en is in ’n kritieke toestand met ’n koeëlwond in sy linkeroog en kop.

Die twee slagoffers was werksaam as produksie- en meganiese bestuurders by Henning Crushers in Ondangwa.

BORGTOG GEWEIER

Mika staan nou tereg op klagte van moord, poging tot moord, diefstal, aanranding deur dreigemente en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied. Hy is Maandag borgtog geweier.

Hy het voor landdros Nelao Ya France in die landdroshof op Ondangwa verskyn en die saak is tot 10 Maart 2025 uitgestel vir verdere ondersoek, asook sodat Mika om regsverteenwoordiging kan aansoek doen.

Die staatsaanklaer, Wisdom Ndakondja, het borgtog teengestaan op grond van die erns van die oortreding. Hy het ook aangevoer dat Mika se vrylating nie in openbare belang sal wees nie.

Mika het tydens die hofverrigtinge sy hand opgesteek om die hof toe te spreek met die hulp van ’n Oshiwambo-sprekende tolk.

“Ek moet borgtog kry om huis toe te gaan. My vrou en kinders kry swaar as ek in die tronk gehou word omdat ek die broodwinner by die huis is,” het hy gesê. Van Mika se kinders was ook by die hof tydens sy verskyning. Ya France het egter borgtog geweier.

Mika is ook tydens die verrigtinge ingelig van sy reg tot verteenwoordiger en die opsie om aansoek te doen om regshulp. Hy het aangedui dat hy ’n private prokureur sal aanstel om hom te verteenwoordig.

ONDERSTEUNING

’n Aantal van Mika se familielede was in die hof teenwoordig, asook twee van sy kollegas van Henning Crusher Ondangwa. Hulle het gesê hulle het verlof ingedien om die hofverrigtinge by te woon omdat hulle glo hul kollega is onskuldig.

Shilondelwa Henga (55) wat al vir 13 jaar 'n vragmotoroperateur by Henning Crusher is, het gesê dat Mika Vrydag ook ’n derde persoon wou skiet, maar die geweer se koeëls was glo op. Dit is vanwaar die klag op aanranding deur dreigemente spruit. Die persoon het glo Mika se finale waarskuwing onderteken.

“Ek het hom kom ondersteun omdat hy onskuldig is. As hulle hom nie wou hê nie, moes hulle net vir hom gesê het hier is jou vergoedingspakket. Gaan huis toe,” het Henga gesê en bygevoeg dat hulle baie onopgeloste arbeidskwessies by hul maatskappy het.

Hy was glo geskok om te sien hoe een van die bestuurders van die Tsumeb-tak gevra het hoekom hulle nie die probleme by die werk aangemeld het nie.

“Hoe kan hy dit eers vra? Probeer hy sê hy ken nie die probleme in hierdie maatskappy nie? Niemand het eers op sy vrae geantwoord nie, want mense is bang. Ons sit in hierdie geselskap met onskuldige mense wat links en regs waarskuwings kry. Dit is kolonisasie,” het Henga aangevoer en bygevoeg dat hy in sy tyd by Henning Crusher gesien het dat meer as 40 mense afgedank word.

Hy het gesê sommige kwessies is aan die arbeidskommissaris gerapporteer, maar hulle het nooit gunstige reaksies ontvang nie.

Henning Crusher het Maandag aan Network Media Hub gesê die maatskappy sal 'n verklaring uitreik wanneer hy gereed is om met die media te praat.

GEBEURE

Die polisie in die Oshanastreek se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het gesê Mika is in 2020 van Tsumeb Henning Crusher na Ondangwa oorgeplaas weens beweerde wangedrag by die werkplek.

Hy het na bewering ook by Henning Crushers in Ondangwa wangedrag gepleeg en sou 'n finale waarskuwing onderteken en Vrydag afgedank word.

Sakaria het gesê Mika is na die kantoor geroep om dokumente te teken, maar hy het geweier en die perseel verlaat. Kort daarna het hy na bewering met 'n pistool in die hand teruggekeer en glo die eerste skoot op Myburgh en die tweede skoot op Richter afgevuur.

Mika het na bewering Myburgh se fiets geneem en na die Ondangwa-polisiekantoor gery, waar hy die voorval aangemeld en homself oorgegee het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 22.67 | EUR to NAD 19.01 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.37 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.07 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.53 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.37 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1854.97 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 657.96/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.47/lb UP +0.92% | Zinc US$ 3 171.30/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 79.52/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 983.07/OZ UP +1.21% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.67 | EUR to NAD 19.01 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.37 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.07 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.53 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.37 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1854.97 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 657.96/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.47/lb UP +0.92% | Zinc US$ 3 171.30/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 79.52/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 983.07/OZ UP +1.21%