Foto verskaf
Foto verskaf

N$5,8 m. se dagga in lorrie gevind

Kristien Kruger
Dagga ter waarde van sowat N$5,8 miljoen met ’n geraamde gewig van meer as 116 kilogram, is verlede week by die Trans-Kalahari-grenspos in die Omahekestreek op beslag gelê.

Die dagga is in ’n vragmotor gevind wat Donderdag omstreeks 02:15 vanaf Suid-Afrika by die grenspos aangekom het.

’n NamRA-beampte het na bewering die vragmotorbestuurder gehelp ​​om die dagga deur die kontrolepunt te smokkel voor polisiebeamptes wat aan diens was, die plan gefnuik het.

Die Namibiërs Andreas lita Amakali (44), Nyambe Zambwe Melton (27) en die Tanzaniese burger Kahise Sayumwe Kahise is in hegtenis geneem en het gister in die landdroshof op Gobabis in verband met die saak verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!