Namcor onder ACC se vergrootglas
Ondersoek betaling van N$100 miljoen
Intussen vra politieke leiers dat Mulunga as Namcor-hoof verwyder moet word.
Jemima Beukes - Die direkteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), Paulus Noa, het gesê hulle ondersoek nou die dokumente wat deur die National Petroleum Corporation of Namibia (Namcor) se besturende direkteur, Imms Mulunga, en twee lede van die uitvoerende komitee aan hulle oorhandig is. Die teenkorrupsieliggaam het Mulunga ontbied en Vrydag met hom vergader om die bewerings te bespreek dat hy glo ‘n betaling van meer as N$100 miljoen vir twee olieproduserende blokke in Angola sonder die raad se toestemming goedgekeur het.
“Die vergadering het goed verloop, daar was geen probleme nie. Ons is besig daarmee. Hulle het al die dokumente wat ons aangevra het aan ons verskaf en ons ondersoek of dit iets te doen het met aantygings oor daardie N$100 miljoen en ander sake by die maatskappy.
“Wanneer ons klaar is met die ontleding van die dokumente, sal ons besluit of dit nodig is om die raadslede in te roep. Hy was saam met sy span, hulle was drie bestuurslede. Onthou, ons het pas met hierdie saak begin en ek weet nie of dit nodig sal wees om ander lede van die bestuur te betrek nie. Ons is besig om die dokumente te ontleed,” het Noa gesê.
Mulunga word ook wyd daarvan beskuldig dat hy glo ‘n lokval gestel het vir Namcor se raadsvoorsitter, Jennifer Comalie, wat vir beweerde dwelmhandel in hegtenis geneem is nadat dwelms ter waarde van N$57 000 glo in haar besit gevind is. Dit het gebeur net voor ‘n raadsvergadering sou plaasvind waar sy na bewering beplan het om hom te skors.
Comalie is tans uit op borgtog van N$7 000 en die saak is vir verdere polisie-ondersoeke en forensiese toetse uitgestel. Intussen vra politieke leiers dat Mulunga as Namcor-hoof verwyder moet word en Tom Alweendo, die minister van myne en energie wat Comalie se eerste hofverskyning bygewoon het, het ‘n omvattende ondersoek na die dwelmvonds aangevra. In ‘n verklaring verlede week het die Popular Democratic Movement (PDM) geëis dat Mulunga onmiddellik geskors moet word in die lig van hoe die gebeure ontvou het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie