LOCKED UP: Vetondouua Kariua was awaiting deportation from the UK when he was found guilty of rape. PHOTO: SomersetLive
LOCKED UP: Vetondouua Kariua was awaiting deportation from the UK when he was found guilty of rape. PHOTO: SomersetLive

Namibiër in oorsese tronk vir verkragting

Dien ’n vonnis van sewe jaar uit
Die slagoffer beweer dat hy haar in haar slaap verkrag het. Sy het wakker geword en hom gesmeek om te stop, maar hy het nie.
Kristien Kruger
Chris Matthews – ’n Namibiese man in die Verenigde Koninkryk (VK) is skuldig bevind op ’n klag van verkragting en tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.

Vetondouua Kariua (27) het glo op 23 Oktober 2021 seksuele omgang met ’n vrou gehad terwyl sy geslaap het. Die insident het na bewering gebeur nadat hulle die aand uit was.

“Die slagoffer onthou hoe sy in die bed wakker geword het, naak van die middel af ondertoe, met Kariua bo-op haar. Hy was besig om seks met haar te hê. Sy het vir hom gesê om op te hou, maar hy het nie. Sy het hom gesmeek om op te hou, maar sy was vasgepen en kon nie beweeg nie,” so het advokaat Nigel Wraith tydens die verhoor die gebeure geskets.

“Die impak op [die slagoffer] was dramaties. Sy het verander van ’n selfversekerde, professionele vrou, in iemand wat selde uitgaan. Sy sukkel om verhoudings te vorm omdat sy te bang is om mense te vertrou.

“Sy het gedink sy het iemand ontmoet by wie sy veilig is, maar dit was ’n illusie,” het regter Simon Carr tydens vonnisoplegging gesê.

AAND SE GEBEURE

Wraith het verder verduidelik dat die slagoffer saam met ’n vriendin in ’n kusdorp gekuier het voordat hulle na die stad Truro gegaan het om verder te kuier.

In Truro het hulle na twee kroeë gegaan – Bunters en Vanilla – en die slagoffer het beskryf dat sy “’n nege uit 10 op die dronkskaal” was. Kariua was glo saam met ’n vriend by dieselfde kroeg en hy en die slagoffer het begin dans en gesels.

Die CCTV-beeldmateriaal buite Vanilla het gewys Kariua en die slagoffer het gesels en hande vasgehou. Die slagoffer en haar vriendin het daarna saam na Kariua se woonplek gegaan. Die vriendin het later huis toe gegaan, aangesien sy die volgende oggend moes werk.

Die slagoffer het later wakker geword en Kariua was glo bo-op haar.

“Hy het ’n rukkie aangehou en toe gestop. Daarna het sy verskoning gemaak, haar klere aangetrek en sy huis verlaat,” het Wraith tydens die verhoor gesê.

Die slagoffer se pa het haar glo kom haal.

Kariua het daarna vir haar die volgende teksboodskappe gestuur: “Laat weet my as jy by die huis is asseblief, jammer dat jy moes gaan” en “Goeiemôre beeldskoon, hoop jy het veilig aangekom”.

Kariua het homself ’n paar dae later aan die polisie oorgegee, maar het ontken dat hy seksuele omgang met die slagoffer gehad het ten spyte daarvan dat sy DNS gevind is.

Kariua het gewag op deportasie uit die VK toe hy aan verkragting skuldig bevind is.

– SomersetLive

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!