Namibiërs se mening oor korrupsie vasgevang

Meeste respondente verdink amptenare
Die mees onlangse onderhoude is in Maart en April vanjaar gevoer en die opname se uitslae is met vorige jare s'n vergelyk.
Kristien Kruger
Die meerderheid van Namibiërs glo dat sommige verteenwoordigers en amptenare in die regering, die burgerlike samelewing en sakeondernemings by korrupsie betrokke is.

Die meeste burgers sê die regering doen “swak werk” om korrupsie te beveg en dat gewone mense die risiko loop om vergeld te word as hulle uitpraat.

Dit is volgens ’n nuwe opname deur Afrobarometer wat ook bevind het dat tweederdes van Namibiërs van mening is dat korrupsie in die land vererger. Dit is glo ten spyte daarvan dat korrupsie na bewering die afgelope paar jaar gedaal het.

Afrobarometer het verder bevind dat – van die respondente wat die afgelope 12 maande by belangrike openbare dienste betrokke was – sowat vier uit 10 meld dat dit moeilik was om die dienste te kry wat hulle nodig gehad het. Meer as een uit elke 10 moes omkoopgeld betaal.

ONDERHOUDE

Afrobarometer is ’n onpartydige opnamenavorsingsnetwerk wat betroubare data verskaf oor mense in Afrika se ervarings en evaluerings rakende demokrasie, regering en lewenskwaliteit.

Afrobarometer se doel is om Afrika se publiek ’n stem te gee wat in ag geneem kan word wanneer beleide opgestel en besluite geneem word.

“Nege opname-rondes in sowat 42 lande is sedert 1999 voltooi. Ronde 10 se opnames is tans aan die gang.”

Die Afrobarometer-span in Namibië, onder leiding van Survey Warehouse, het vanaf 14 Maart tot 2 April vanjaar onderhoude met ongeveer 1 200 volwasse Namibiërs gevoer.

Afromarometer het voorheen ook opnames in Namibië gedoen, wat 1999, 2003, 2006, 2008, 2012, 2014, 2017, 2019 en 2021 insluit.

Respondente het bestaan ​​uit Namibiërs van 18 jaar en ouer. Vrae is persoonlik aan hulle gestel en onderhoude is gevoer in ’n taal waarmee die persoon gemaklik is.

Tydens die onderhoud is ’n standaardvraelys ingevul wat help om data met ander lande te vergelyk.

Van die 1 200 respondente was die helfte vroue en die ander helfte mans. Sowat 56% woon in stedelike gebiede en die res in landelike gebiede.

Wat onderwys betref, het 6% van respondente geen onderrig ontvang nie, 19% het laerskoolopleiding gehad, 54% het sekondêre onderrig ontvang en 21% het verder studeer. Christene het 97% van die steekproefgroep uitgemaak met slegs 3% wat ’n ander geloof beoefen.

KORRUPSIE

Volgens Afrobarometer het hul opname verskeie sleutelbevindings gemaak met betrekking tot korrupsie, hoe die regering korrupsie hanteer en of mense dink die polisie, regters en landdroste is by korrupsie betrokke.

Tydens die opname is respondente gevra of die vlak van korrupsie in die land na hul mening gestyg, gedaal of dieselfde gebly het.

“Sowat tweederdes (65%) van Namibiërs sê korrupsie in die land het ‘ietwat’ of ‘baie’ toegeneem gedurende die jaar voor die opname gedoen is. Dit dui op ’n daling van 13% sedert 2017, toe dieselfde vraag gevra is,” lui die verslag.

In 2014 het die opname getoon dat 63% van mense gedink het dat korrupsie toegeneem het, terwyl 18% van mening was dat dit gedaal het. Die persentasie mense wat gedink het hulle doen dieselfde was ook 18%.

In 2017 het 78% van respondente gedink korrupsie het toegeneem. Die persentasie het in 2019 tot 78% gedaal en in 2021 weer effens tot 75% gestyg.

Die persentasie mense wat gedink het korrupsie het afgeneem, het aansienlik sedert 2014 gedaal. Tien jaar later in 2024 meen net 9% korrupsie het gedaal en 24% meen dit het dieselfde gebly.

Die Afrobarometer het verder bevind dat die persepsie dat korrupsie toeneem drasties gestyg het onder burgers wat in armoede geleef het.

“Dit wissel van 56% onder respondente wat geen of min armoede ervaar tot 72% en 73% onder diegene wat matige of hoë armoede ervaar.”

Tydens die opname is respondente ook gevra of hulle voel dat hulle korrupsie sonder vrees kan aanmeld en of hulle voel dat hulle die risiko loop vir vergelding of ander negatiewe gevolge sal ervaar as hulle uitpraat.

In 2024 het die meerderheid (sowat 62%) van Namibiërs gesê hulle voel hulle sal moontlik negatiewe gevolge ervaar as hulle korrupsie aanmeld.

Dié persentasie was dieselfde as in 2014. Dit het egter in 2019 tot 67% gestyg en was ook effens hoër in 2021 (63%).

In 2024 voel net 34% van die bevolking dat hulle korrupsie sonder enige vrees kan aanmeld en 4% het nie geweet of verkies om nie die vraag te beantwoord nie.

“Sedert 2017 rapporteer meer as ses uit 10 Namibiërs konsekwent dat gewone mense vergelding of ander negatiewe gevolge waag as hulle korrupsie aanmeld,” het die opname bevind.

REGERING

Afgesien van die bevinding dat die meerderheid Namibiërs dink dat lede en verteenwoordigers van sentrale, streek- en plaaslike regering sowel as regeringskantore, burgerlike samelewing en sakeondernemings by korrupsie betrokke is, dink hulle ook dat die regering “nie ’n goeie werk doen” om korrupsie te beveg nie.

“Ongeveer driekwart (76%) van die burgers sê die regering doen slegte werk om korrupsie in die regering te bekamp. Dit is die hoogste persentasie wat in twee dekades se Afrobarometer-opnames aangeteken is.”

Om hierdie persentasie te bepaal is respondente gevra hoe goed of sleg hulle dink is die huidige regering besig om korrupsie te beveg.

In 2006 was die aantal mense wat gesê het “goed” en die aantal wat gesê het “sleg”, amper gelyk. In 2008 het die meerderheid egter gesê dat die regering goeie werk doen om korrupsie te bekamp, maar sedert 2012 het die oorgrote meerderheid gesê dat die regering nie ’n goeie werk doen nie.

Die opname het verder bevind dat die oorgrote meerderheid (88%) van Namibiërs dink “sommige” (54%), “die meeste” (28%) of “alle” (6%) staatsamptenare is by korrupsie betrokke.

LANDDROSTE EN REGTERS

Die opname toon verder dat slegs 11% van Namibiërs dink dat geen regters of landdroste by korrupsie betrokke is nie, met 27% wat meen dat die meeste van hulle wel korrup is. Sowat 53% dink dat ten minste sommige van hulle by korrupsie betrokke is.

Sedert 2003 was die persentasie mense wat gedink het sommige regters en landdroste is by korrupsie betrokke hoër as die persentasies vir onderskeidelik die mense wat gedink het die meeste is betrokke of niemand is by korrupsie betrokke nie.

Slegs in 2008 en 2012 was die persentasie mense wat gedink het geen regters of landdroste was by korrupsie betrokke nie, hoër as die persentasie mense wat gedink het die meerderheid is daarby betrokke.

OMKOPERY

“Ongeveer nege uit 10 burgers (91%) dink ‘sommige’ (52%), ‘meeste’ (31%) of ‘alle’ (8%) polisiebeamptes is by korrupsie betrokke,” lui die verslag.

Respondente is ook tydens die opname gevra of hulle die afgelope 12 maande die polisie vir hulp of bystand gevra het. Indien hul ja geantwoord het, is hulle gevra of dit “moeilik” of “maklik” was om die hulp te kry waarvoor hulle gevra het.

Volgens die uitslae het 44% gesê dit was moeilik om die hulp te kry wat hulle versoek het en 18% het gesê hulle het omkoopgeld betaal.

Die respondente is ook gevra of hulle al ooit omkoopgeld betaal het, ’n geskenk gegee of ’n guns gedoen het vir ’n polisielid sodat hulle die hulp of bystand kon kry wat hulle nodig gehad het.

Sowat 3% van respondente het gesê hulle koop gereeld polisiebeamptes om. Altesaam 9% het gesê hulle het dit al ’n paar keer gedoen. Die persentasie mense wat gesê het dat hulle dit al een of twee keer gedoen het, is 15%.

Die meerderheid (74%) het wel gesê dat hulle nog nooit ’n polisiebeampte omgekoop het nie.

Dié nuutste Afrobarometer-verslag oor die uitslae vir die opname oor mense se persepsie van korrupsie in Namibië is op 3 Julie by die The Village Opera House in Windhoek bekend gestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 12° | 35° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 33° Oshakati: 11° | 30° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 29° Otjiwarongo: 9° | 28° Omaruru: 8° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 6° | 26° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:05, High tide: 06:12, Low Tide: 00:45, High tide: 18:38 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:03, High tide: 06:10, Low Tide: 00:43, High tide: 18:36 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:03, High tide: 06:09, Low Tide: 00:43, High tide: 18:35 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 7° | 23° Keetmanshoop: 9° | 20° Aranos: 7° | 24° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 7° | 19° Oranjemund: 10° | 19° Luanda: 19° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 7° | 26° Maseru: 2° | 17° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 11° | 16° Durban: 12° | 21° Johannesburg: 10° | 20° Dar es Salaam: 21° | 30° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1541.09 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1756.87 Down -0.15% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13602.92 Down -0.05% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29195.24 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ DOWN -0.0157 | Copper US$ 4.11/lb UP +0.54% | Zinc US$ 2 706.00/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 82.51/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 932.90/OZ DOWN -0.0131 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 12° | 35° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 33° Oshakati: 11° | 30° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 29° Otjiwarongo: 9° | 28° Omaruru: 8° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 6° | 26° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:05, High tide: 06:12, Low Tide: 00:45, High tide: 18:38 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:03, High tide: 06:10, Low Tide: 00:43, High tide: 18:36 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:03, High tide: 06:09, Low Tide: 00:43, High tide: 18:35 Rehoboth: 7° | 26° Mariental: 7° | 23° Keetmanshoop: 9° | 20° Aranos: 7° | 24° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 7° | 19° Oranjemund: 10° | 19° Luanda: 19° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 7° | 26° Maseru: 2° | 17° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 11° | 16° Durban: 12° | 21° Johannesburg: 10° | 20° Dar es Salaam: 21° | 30° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1541.09 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1756.87 Down -0.15% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13602.92 Down -0.05% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29195.24 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ DOWN -0.0157 | Copper US$ 4.11/lb UP +0.54% | Zinc US$ 2 706.00/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 82.51/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 932.90/OZ DOWN -0.0131