Namibiese vroue in Oman gestrand
Paspoorte, selfone afgevat
Die vroue moet eers duisende aan hul werknemer terugbetaal voordat hulle toegelaat word om die land te verlaat.
Mensehandelaars maak reusebedrae geld, terwyl sogenaamde agente “letterlik ons vroue verkoop waar hulle met harde-arbeid uitgebuit word”.
“As ’n nasie kan ons nie toelaat dat ons vroue na hierdie veronderstelde winsgewende en kriminele bedrywighede gelok word nie,” het die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gemaan.
Die Namibiese polisie ondersoek tans gevalle van moontlike mensehandel in die Midde-Ooste nadat verskeie vroue na Oman gelok is onder die voorwendsel dat hulle hier as huishulpe kan werk.
Volgens Ndeitunga het 26 Namibiese vroue tussen die ouderdomme van 24 en 40 jaar Namibië vir groener weivelde in Oman verlaat. ’n Ondersoek is in Maart van stapel gestuur, met sommige van die vroue wat nie hul aanvanklike plan om hier te werk deurgevoer het nie. Ander was volgens Ndeitunga egter nie so gelukkig nie en het nooit weer na Namibië teruggekeer nie, terwyl dit nie bekend is waar hulle hulself tans bevind nie.
Volgens hom is die name van 17 van die 26 vroue aan die Namibiese polisie verskaf.
“Die vroue het Namibië vir die Midde-Ooste verlaat na bewering op soek na groener weivelde en om hul lewenstandaard te verhoog,” het hy gesê.
Die vroue is glo deur ’n agent in Namibië genader wat hulle lok om ’n werksgeleentheid in die buiteland te aanvaar. Die vroue verlaat dan die land met die belofte van ’n werk as huishulpe by verskillende werkgewers teen ’n maandelikse salaris van N$7 000 of meer.
Volgens Ndeitunga vra die agent N$8 000 vir die proses om te begin.
“Dié agente reël dan die reiskaartjies en ook ’n werksvisum ter waarde van N$40 000.”
Na bewering gebruik die meerderheid van die vroue vragmotorbestuurders om hulle teen ’n fooi na buurlande en veral Suid-Afrika te vervoer waar verdere reëlings in plek is om van hier na Oman te vlieg.
“Wanneer hulle egter in Oman aankom, verander die beloofde salaris na ’n bedrag gelykstaande aan N$3 000 of minder.”
Volgens Ndeitunga lei lmisverstande tussen die werker en die werkgewer onvermydelik tot geskille oor swak werks- en lewensomstandighede, abnormale werksure en swak behandeling.
“Uiteindelik dring die werker daarop aan om terug te keer, maar hul paspoorte en selfone is afgevat en die werkgewers dring aan dat hulle die geld eers moet terugbetaal vir die vliegkaartjies en die visum (N$40 000).”
Volgens Ndeitunga is vanaf April 2010 tot Maart 2022 ’n totaal van 77 beweerde gevalle van mensehandel by die polisie aangemeld. Hiervan word 28 ondersoek, 26 is gefinaliseer, 17 is op die hofrol en in ses gevalle moet die aanklaer-generaal nog oor vervolging beslis.
Hy het erken mensehandel is oor die algemeen moeilik om te bespeur weens die sielkundige uitwerking wat dit op die slagoffers het.
“Dit is ’n misdaad waar die slagoffers mislei of gedwing word tot uitbuiting en selfs (in) lewensgevaarlike situasies (geplaas word). Ons moet daarom saamstaan om ons gemeenskap teen dit te red en te beskerm.”
Ndeitunga het beklemtoon die Namibiese polisie sal met sy “gewone volharding en toewyding” voortgaan om die voorneme en vaardighede van kriminele sindikate asook individuele oortreders te ontwrig wat voortgaan om vroue uit te buit en hul onwettige bedrywighede vir persoonlike gewin voortsit. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie