Neumbo: Wie het N$50 miljoen wat rondlê?
Fishrot was ’n 'elite-mansklub'
'n Namibiese vrou het tydens 'n IPPR-werkwinkel oor hokaairoeper-wetgewing, haar ervaring van die Fishrot-korrupsieskandaal gedeel.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het verlede Woensdag ’n beskermingswerkwinkel vir hokaairoepers by die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID), as deel van hul Integriteit Namibië-projek, aangebied.
Die IPPR se uitvoerende direkteur, mnr. Graham Hopwood, het in sy openingstoespraak die uitdagings wat hokaairoepers en veral toekomstige hokaairoepers in die gesig staar, beklemtoon.
Die IPPR beoog om 'n aanlyn platform bekend te stel waarheen potensiële hokaairoepers hulle in die toekoms kan wend.
Die wet wat voorsiening maak vir die beskerming van hokaairoepers, wet 10 van 2017, is reeds aan die begin van 2017 in Namibië deurgevoer, hoewel die regering die wet nog nie geïmplementeer het nie.
Nog 'n probleem, volgens Hopwood, is dat die ministerie van finansies nie geld in sy jaarlikse begroting aan die ministerie van justisie bewillig om dié tipe beskerming en die nodige personeel en persele te finansier nie. Dit is glo ’n burokratiese struikelblok wat indirek korrupsie intern beskerm.
TEISTERING, OPENBARE AFKNOUERY
Me. Sharon Neumbo het op verskeie direksies van verskillende maatskappye gedien en het in noue kontak met die beskuldigdes in die Fishrot-korrupsieskandaal gewerk.
Sy het aanvanklik nie daaraan gedink om die fluitjie te blaas nie. Dit was eers toe die teistering en openbare afknouery begin het toe sy besef het haar lewe gaan drasties verander.
Die polisie het Neumbo in hegtenis geneem omdat sy na bewering sowat N$170 000 verduister het. Die geld was glo terugbetaal op die dag van haar inhegtenisneming, maar dit het nie vir die polisiebeampte saakgemaak nie.
Sy het verduidelik hoe vrees haar fisiek en sielkundig begin aftakel het. Die Franse organisasie PPLAAF het haar genader en van hul program vertel.
OMKOPERY OP SY BESTE
Neumbo is in ’n stadium gevra: "Vir hoeveel geld sal jy stilbly?” Sy het grapperig geantwoord: "Vir N$50 miljoen." Waarop sy die vraag gevra het: "Wie het N$50 miljoen wat rondlê om iemand om te koop?"
Neumbo was ’n jaar later genader en N$40 miljoen aangebied om stil te bly. Neumbo het gebieg dit was 'n baie aanloklike aanbod, maar dat sy daarteen besluit het.
Sy het verduidelik hoe die Fishrot-beskuldigdes 'n elite-mansklub was waarin geen vrou ooit sukses sou behaal nie.
Sy was verplig om haar minister-beskermde werk pligsgetrou te doen en sodoende 'n paar mans te help om miljoene te maak.
Die werkwinkel is in samewerking met die PPLAAF, 'n platform vir die beskerming van hokaairoepers in Afrika, gehou.
Verskeie sleutelpersone van PPLAAF het tydens die werkwinkel gepraat oor die behoefte aan 'n organisasie wat hokaairoepers kan ondersteun en beskerm terwyl hulle opstaan teen stelsels (beide staats- en privaat) wat in staat is om 'n persoon se hele lewe te vernietig of selfs weg te neem. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie