Nog ’n naweek van geweld
Twee minderjariges verkrag
Ses sake van poging tot moord is die afgelope naweek aanhangig gemaak, terwyl drie klagte van verkragting asook verskeie huisinbrake by die polisie aangemeld is.
Die polisie is nog op soek na ’n verdagte wat Saterdag omstreeks 22:00 na bewering in ’n 32-jarige vrou se huis in Havana, Windhoek, ingebreek en haar twee keer met ’n haelgeweer geskiet het. Die vrou het ná die eerste skote uit haar huis gevlug, maar die verdagte het haar weer geskiet. Sy is na die hospitaal vir behandeling geneem.
Die verdagte is steeds op vrye voet.
POGING TOT MOORD
Ses sake van poging tot moord is die afgelope naweek aanhangig gemaak, terwyl drie klagte van verkragting asook verskeie huisinbrake by die polisie aangemeld is.
* ’n Man (56) is op ’n plaas in die Dordabis-omgewing in hegtenis geneem nadat hy glo vier mense geskiet het, waaronder sy vrou en sy 30-jarige dogter (lees vandag se voorblad).
* ’n Drie-en-twintigjarige vrou van Mondesa in Swakopmund is in ’n ernstige, dog stabiele toestand in die hospitaal opgeneem nadat haar kêrel haar glo Saterdagaand met ’n besemstok, ’n laai asook ’n kierie aangerand het. Hy het haar glo ook met ’n elektriese kabel probeer verwurg. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
* In die Epupa-kiesafdeling in die Kunenestreek het ’n 41-jarige verdagte glo ’n 24-jarige twee keer met ’n mes gesteek nadat hulle glo in ’n argument betrokke was. Die 24-jarige is in ’n kritieke toestand na die Omonawatjihozu-gesondheidsentrum geneem. Die voorval het glo Sondag om 00:10 plaasgevind.
* Nog ’n saak van poging tot moord is op Okahao aanhangig gemaak nadat ’n 24-jarige man ’n 66-jarige man bo sy linkeroog geskiet het. Die verdagte is in hegtenis geneem.
* Op Kamanjab is ’n 25-jarige asook ’n 28-jarige in hegtenis geneem nadat hulle iemand met ’n mes onder die linkerarm gesteek het. Die persoon is ernstig beseer en sterk tans in die Outjo-staatshospitaal aan.
VERKRAGTING
Drie klagte van verkragting is ook oor die naweek gelê – in twee gevalle was die slagoffers minderjariges van onderskeidelik 4 en 11 jaar oud. Die klagte is in onderskeidelik die Engela-kiesafdeling, op Mururani en in Rehoboth gelê.
* Vier selfdoodgevalle is ook oor die naweek aangemeld. Dit sluit ’n 29-jarige man van die Onahima-nedersetting in, ’n 35-jarige polisiesersant en instrukteur van die Mahoto Korrektiewe Kollege op Omaruru, ’n 50-jarige van die Ohaighete-nedersetting in Oshivelo, asook ’n burger van Botswana, wat vir ’n konferensie in Windhoek was. Hy het glo Vrydag selfdood by sy hotel in Windhoek gepleeg.
* Verskeie gevalle van vee- en wilddiefstal het ook voorgekom. Op Tsumeb het verdagtes ’n koei op die plaas Ramona geslag en op die vlug geslaan. Op Koës op die plaas Glen Eden is drie verdagtes aangekeer nadat hulle twee skape geslag het.
By Katima Mulilo is ’n 35-jarige man ook met vleis van beskermde wild in sy besit betrap, asook vuurwapens en ammunisie. Hy is in hegtenis geneem. Nog drie verdagtes is op die dorp in hegtenis geneem toe daar wildsvleis in hul besit gevind is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie