Ocpa bal vuis ná reuseverliese

Mees gevorderde sekuriteitstelsel op platteland
Lede van die Okahandja Misdaadvoorkomingsvereniging (Ocpa) het oor die afgelope jaar sowat N$4,96 miljoen weens diefstal verloor.
Elvira Hattingh
Boere noord van Okahandja staan op die punt om ’n gevorderde sekuriteitstelsel met onder meer “intelligente kameras” in werking te stel om die ernstige misdaadsyfers op plase in die omgewing te probeer bekamp.

Dit kom nadat lede van die Okahandja Misdaadvoorkomingsvereniging (Ocpa) oor die afgelope jaar sowat N$4,96 miljoen weens diefstal verloor het.

Altesaam 60 beeste, twee kameelperde, meer as 100 stuks wild, ses renosters, 20 sonpompe en twee huisinbrake het in die gebied voorgekom.

Dit volgens Dickie Kotzé, wat die misdaadstatistiek vir die vereniging byhou. Hy sê hulle ervaar die ergste probleme op plase langs die B1-roete tussen Okahandja en Otjiwarongo. Hy sê boere bestee ook baie om infrastruktuur, soos sonpompe, te herstel nadat diewe dit uitbreek en steel.

OCPA VAT VOOR

Ocpa se voorsitter, Andrew Deacon, wat self langs die B1-roete boer en sedert Desember 11 gemsbokke, vier elande en twee kameelperde verloor het, sê die sekuriteitsinfrastruktuur alleen, het die vereniging meer as N$2 miljoen gekos.

Daarbenewens bestee hulle maandeliks sowat N$70 000 op wagte. Hulle het ’n reaksiemag wat die gebied patrolleer en op voorvalle in die gebied reageer. Hulle is ook in die proses om meer reserviste op te lei en te probeer registreer.

“Ek dink ons sal nou die mees gevorderde sekuriteitstelsel in die platteland hê. Ons het 18 punte en 27 kameras. Dit dek ’n gebied van sowat 80 km by 100 km asook alle ingange en T-aansluitings,” het Deacon aan Republikein gesê.

MONITOR

“Al die kameras is met mekaar verbind en sal met behulp van rekenaarprogramme asook die herkenning van motors se registrasienommers die bewegings van motoriste monitor,” sê Deacon.

“Indien ’n motor baie lank neem om deur ’n gebied te beweeg of U-draaie maak, sal die vereniging ’n verslag ontvang.

“Bekende boewe sal geswartlys word en die oomblik as hy die gebied binnekom, sal Ocpa ook daarvan weet,” het hy bygevoeg.

Deacon het verduidelik die sekuriteitstelsel dek ’n groot gebied noord van Okahandja en dat tot 80% van die grondeienaars in die gebied by die projek ingekoop het.

“Dit was die sleutel tot ons sukses, want om soveel geld beskikbaar te hê, het jy baie lede nodig,” het hy vertel.

Hy sê die stigtingsvergadering het reeds in April verlede jaar begin, terwyl dit sedert Junie verlede jaar operasioneel geraak het.

“Ons het ’n onafhanklike vereniging gestig wat as buurtwag geregistreer is, ’n eie grondwet geskryf en lede betaal maandelikse bydraes,” het Deacon gesê.

Hy sê as deel van die finansiering van die projek, is daar ook lenings by banke en boere gemaak.

Deacon sê kameras wat vantevore op streekpaaie in die gebied aangebring is, het as ’n afskrikmiddel gewerk, maar misdadigers se bedrywighede na die B1-hoofroete gedryf.

“Dit is hul modus operandi – as een gebied proaktief teen die misdaad begin optree, verskuif hulle net hul bedrywighede ’n ent verder,” het hy gesê.

“As ons hulle hier wegkry, gaan nabygeleë of aangrensende gebiede waarskynlik geteiken word. Ons kommunikeer egter gereeld met omliggende gebiede en deel inligting onder mekaar,” het Deacon gesê.

BOERE VERTEL

Bossie Coetzer, ’n boer uit die gebied, het aan Republikein gesê dit kom nadat diefstal in die gebied – na sy mening – oor die afgelope tyd minstens verdriedubbel het.

Daar is die afgelope jaar vyf keer op hom toegeslaan en hy het sonpompe en beeste verloor – soveel so dat versekeringsmaatskappye hom nou die deur wys.

Coetzer sê dit kom ten spyte van die polisie se ondersteuning.

“Die polisie weet nie meer watter kant om te keer nie,” sê hy.

Hy meen borgtog word keer op keer aan misdadigers toegestaan en hulle kom steel net weer. Hy is van mening dat die misdadigers hoogs georganiseerd is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89%