Otavi-motorongeluk: Bestuurder kry borgtog
Die 59-jarige mediese dokter van Brasilië, die enigste oorlewende van ’n motorongeluk sowat twee weke gelede naby Otavi waarin nege mense gesterf het, is Vrydag op borgtog vrygelaat.
Luis Charles Araujo de Sá is Vrydag in die Otavi-landdroshof borgtog van N$150 000 toegestaan. Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roekelose, nalatige of onverskillige bestuur.
Die ongeluk, wat sowat 20 km buite Otavi gebeur het, het na bewering plaasgevind toe Araujo De Sá se Toyota Fortuner glo ’n ander voertuig probeer verbysteek en in 'n sewesitplekvoertuig vasgery het. Agt insittendes van die sewesitplekvoertuig is dood en Araujo de Sá se vrou, Natale Gontijo, was ook een van die slagoffers.
Hy is ná die ongeluk in hegtenis geneem en was in aanhouding tot hy Vrydag op borgtog vrygelaat is.
Araujo De Sá en Gontijo was toeriste in die land ten tyde van die ongeluk en was besig om deur Afrika te reis. Gontijo, ook ’n Brasiliaan, het as ’n plastiese chirurg in Verona in Italië gewerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie