Ouer steek onderwyser met skroewedraaier
Sekondêre Skool Eldorado wil sekuriteit opskerp
Die onderwysministerie het glo nog nie na die slagoffer uitgereik nie.
Jeanette Diergaardt - Nadat ’n onderwyser van die Sekondêre Skool Eldorado in Khomasdal na bewering ’n leerling geklap het, het die kind se ontstelde ouer hom met ’n skroewedraaier gesteek.
Die slagoffer is as Nikanor Kalola geïdentifiseer en sy fisieke toestand is glo stabiel en hy sterk tans tuis aan.
Die hoof van die taaldepartement, Rachel Dedig, het gesê: “Meneer Kalola is baie ontsteld. Sy toestand is sielkundig en geestelik onstabiel.”
Onderwysers by die skool voel onveilig en is ewe getraumatiseer deur die voorval, het Dedig gesê.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal ’n ondersoek na die voorval van stapel stuur om ’n duideliker prentjie te kry van die gebeure wat dit voorafgegaan het.
“Ons het die skool aangeraai om ’n saak te open. Ons sal volledig ondersoek instel,” het Knox Imbuwa, die ministerie se adjunk- uitvoerende direkteur, gesê en bygevoeg dat hulle die saak as ’n strafregtelike saak hanteer wat polisiebetrokkenheid vereis.
OPGESKERPTE SEKURITEIT
Volgens Imbuwa sal die betrokke onderwyser berading ontvang, terwyl veiligheidsmaatreëls by die skool opgeskerp sal word.
Lukrake veiligheidsinspeksies sal ook op leerlinge uitgevoer word, het hy gesê.
Op die dag van die voorval, 30 Maart, het die nasionale uitsaaier (NBC) berig dat wapens ook in die leerlinge se sakke gevind is.
“Op hierdie tydstip was ons onkant gevang. Ons sal lukrake inspeksies by skole implementeer deur die polisie te betrek,” het Imbuwa gesê.
NIE DIE EERSTE KEER
Die voorsitter van die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) in die Khomasstreek, Kevin Kahungi, het beweer dié steekvoorval is nie die eerste by die skool nie, maar die derde.
“Ons veroordeel sulke praktyke en sulke gedrag van ouers,” het hy gesê.
Volgens hom het die ouer wat die onderwyser gesteek het vyf ander kinders wat by Eldorado ingeskryf is, en onderwysers eis dat die direktoraat hierdie leerlinge uit die skool verwyder.
“As die leerlinge Maandag hier is, sal onderwysers in die personeelkamer sit totdat hul eise gehoor word,” het hy gesê.
Onderwysers het verskeie ander eise, maar dit is nie met die media gedeel nie aangesien die ministerie nog nie daaroor ingelig is nie.
Volgens Kahungi het die slagoffer nog geen ondersteuning van die ministerie ontvang nie.
“Mnr. Kalola is tuis, maar hy het geen ondersteuning van die ministerie ontvang nie. Die direkteure moet op die grond betrokke wees,” het hy bygevoeg.
Kahungi het verder die skoolveiligheidswagte se vermoë bevraagteken.
“Die sekuriteitstelsel by skole – is hulle [die wagte] opgelei of is hulle net opgelei om hekke oop en toe te maak?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie