Outjo loop deur onder bosslagters
Vier verdagtes vroeg vasgetrek
Die Kunenestreek loop deur onder veediewe, met gewoontemisdadigers wat glo keer op keer borgtog in howe toegestaan word.
Twee boere van Outjo wat op soek was na hul vermiste beeste het Donderdagmiddag op grusame tonele van twee bosslagplekke op die pad tussen Outjo en Otavi afgekom.
Altesaam 31 beeste is geslag en vier van die lewende diere se hakskeensenings is afgekap, wat net hulpeloos gelê en van kant gemaak moes word. Die skade beloop die skade sowat N$372 000.
Die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adj.komm. Eric Clay, het aan Network Media Hub (NMH) gesê dat ‘n sindikaat ondersoek word. Hy het vroeg Saterdagoggend bevestig dat vier verdagtes vasgetrek is. Beslag is op 'n taxi gelê.
“Ons het ‘n spesiale ondersoekspan uitgestuur wat op die grond is en die ondersoek duur voort,” het hy gesê.
Dakkie Anthonissen, ‘n boer in die Outjo-distrik was een van die boere op die toneel.
“Nico Alberts het sy vermiste beeste op sy buurplaas Dagbreek gesoek en op die eerste slagplek afgekom. Daarna is 18 beeste van Hendrik Boshoff op Dagbreek se buurplaas, Glocke, gevind. Beide plase behoort aan Iyambo Iyambo van Oshakati, wat ook al erg onder veediewe deurgeloop het,” het Anthonissen gesê.
“Die plase is reg langs die dorp en pad geleë, die drade is gebreek en daar is ‘n duidelike pad langs die kraglyn na die skynbaar ou slagplekke toe wat sowat 150 meter van die hoofpad is."
Anthonissen sê samewerking tussen die boere, gemeenskap, buurtwag en polisie was ongelooflik met Jaco Muller wat met sy girokopter die verdagtes uit die lug help soek het en Arthur Götz wat sy hommeltuig ingespan het.
BEROEPSMISDADIGERS
Johan Potgieter van die Outjo-buurtwag het die samewerking bevestig: “Daar was sowat 70 mense op die toneel wat Donderdag deurnag gewerk het, ons het die verdagtes gevolg en te voet om die berge gegaan. Daar is padblokkades opgerig en ‘n operasie ontplooi.”
Hy sê die polisie in die Kunenestreek is meer as bereid om hard te werk om veediewe en ander misdadigers agter tralies te kry, maar die howe is die probleem waar sake net herhaaldelik uitgegooi word en gewoontemisdadigers keer op keer borgtog kry.
“Daar is verskeie sake op ‘n verdagte se naam, maar die saak word uitgegooi as die dossier nie in die hof is nie. Of borgtog word maklik toegestaan en oor twee weke vang ons weer dieselfde persoon. Beroepsmisdadigers word nie weggesit nie.”
Potgieter sê in howe word die hoë waarde van veral stoetdiere nie verstaan nie.
Hy sê daagliks word tussen tien en 20 beeskarkasse net in die Kunenestreek gevind wat tot onlangs erg onder die langdurige droogte gebuk gegaan het. Boere is besig om hul kuddes op te bou om net weer deur veediewe geteister te word.
“Ons kan nie meer boer soos normaal nie. Elke aand moet ons ons beeste in die krale injaag. Ons moet hulle soos skape tel en mense moet by die krale wagstaan.
“Ons moes kameras by die krale oprig, maar dit word ook gesteel,” verduidelik hy boere se penarie.
“Ons het ‘n idee van die ou slagters in die gebied en vermoed ‘n bekende gesig sal net weer in hegtenis geneem word. Ons vermoed die vleis word met karre aangery Otjiwarongo toe.”
Clay het bevestig vee- en wilddiefstal is 'n groot kwessie in die Kunenestreek.
Veediefstal vier hoogty in Namibië, wat aansienlike ekonomiese, maatskaplike en veiligheidsuitdagings vir landelike gemeenskappe en die landbousektor inhou. Pogings om misdadigers af te skrik blyk egter ondoeltreffend te wees.
Dit is volgens die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake, Kletus Karondo, wat onlangs die mosie oor die verslag oor die impak van veediefstal in Namibië, in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê het.
“Veediefstal raak kommersiële, kommunale en hervestigingsplase. Die probleem is diep gewortel in die sosio-ekonomiese omstandighede van ons mense, alhoewel dit skynbaar sindikate is wat werksaam is.”
Volgens die verslag is die hoogste voorkoms van veediefstal in die land in die streke van Otjozondjupa en Omaheke.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie