SUCCESS… Isak Kakombe (also known as Papatjie) in Karibib district. Photo: Police
SUCCESS… Isak Kakombe (also known as Papatjie) in Karibib district. Photo: Police

‘Papatjie’ vas vir roof, veediefstal

Drie verdagtes reeds gearresteer
Vier verdagtes wat na bewering by 'n rooftog verlede maand op 'n plaas in die Omaruru-omgewing betrokke was, is steeds op vrye voet.
Adam Hartman
Nog een van agt verdagtes wat betrokke was by ‘n rooftog wat verlede maand op ‘n plaas in die Omaruru-omgewing plaasgevind het, is Dinsdag in die Karibib-distrik in hegtenis geneem.

Mnr. Isak Kakombe, ook bekend as Papatjie, is op die plaas Etiro-mund in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van die publiek ontvang het. Hy het gister in die landdroshof op Karibib verskyn op klagte van gewapende roof en veediefstal. Die saak is uitgestel en hy is borgtog geweier.

In Maart het vier verdagtes, gewapen met ‘n geweer en messe, die eienaars van die plaas Otjimune aangeval. Die verdagtes het 24 skape, vyf bokke en drie beeste geslag en die slagoffers van verskeie persoonlike items beroof.

Die skade wat aangerig is beloop sowat N$70 000. Nog verdagtes het met twee bakkies opgedaag en die karkasse opgelaai voordat hulle na Omaruru gery het, waarvandaan die buit na Swakopmund vervoer en verkoop is. Die voertuie wat dié karkasse vervoer het, is opgespoor en geskut.

Drie verdagtes is reeds in hegtenis geneem, en nou Kakombe. Die ander vier wat steeds soek is, is mnre. Ronnie Van Staden (Spitzkoppe-omgewing), Erike Matheus Oxurub (Swakopmund); Robert Garus-oab (Otjimbingwe) en Edward Uahupirapi.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!