#PAS IN: Drie verdagtes vas wat wou stroop
Drie mans is Saterdag op 'n plaas in die Grootfontein-distrik vasgetrek vir onder meer die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en dat hulle sou beplan het om renosters op die plaas te stroop. Die verdagtes se teenwoordigheid is deur vars voetspore deur plaaswerkers gewaar, met die spore wat deur die polisie en 'n renostertaakmag gevolg is. Een van die verdagtes is deur die polisie gewond, nadat hulle op die vlug probeer slaan het. Die polisie se ondersoek duur voort.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie