NUUSBREKER
NUUSBREKER

#PAS IN: Man pleeg selfdood ná tref-en-trap

Henriette Lamprecht
’n Man het selfdood in die Wagdaar-nedersetting in Mondesa, Swakopmund gepleeg, nadat hy ’n 14-jarige meisie op haar fiets raakgery en sy op die toneel gesterf het. Theopolina Iyambo was ’n leerling van die Atlantic Junior Sekondêre Skool. Volgens die polisie het die 27-jarige buitelander Kamati Tokomo haar met ’n motor gestamp wat na die karwasbesigheid in Mondesa gebring is waar hy werk. Tokomo het nie ’n bestuurslisensie gehad nie en het hy die motor onregmatig verwyder. Hy het ook van die toneel gevlug. Volgens die polisie het Tokomo se betrokkenheid by die tref-en-trap-ongeluk aan die lig gekom tydens die ondersoek van ’n geval waar ’n man hom in sy sinkhuis gehang het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!