polisie
polisie

#PAS IN: Man slaan glo ma (104) dood

Henriette Lamprecht
'n Man is Vrydag in die noorde van die land op 'n aanklag van moord in hegtenis geneem, nadat hy na bewering sy 104-jarige ma in die Enkombo-nedersetting in Omusati doodgeslaan het. Hy het haar glo met 'n stuk vuurmaakhout op die kop geslaan en wat ernstige kopbeserings veroorsaak het. Die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, adjunkkommissaris Moses Simaho, sê die voorval het Saterdag omstreeks 21:50 plaasgevind. Volgens hom is die bejaarde Cecilia Vilho eers na die hospitaal op Oshikuku vir behandeling geneem, maar later na die staatshospitaal op Oshakati oorgeplaas waar sy Saterdagmiddag aan haar beserings beswyk het.

Volgens ooggetuies het Vilho se seun (36) wat geestesongesteld is, tuis gekom en gesien sy ma eet saam met iemand. Hy het 'n stomp uit die vuur gehaal en sy ma daarmee begin slaan. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal in Oshikuku en sal vandeesweek in die hof verskyn. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!