• Tuisblad
  • Misdaad
  • #PAS IN: N$300 000 in gewapende rooftog by winkelsentrum gebuit
NUUSBREKER
NUUSBREKER

#PAS IN: N$300 000 in gewapende rooftog by winkelsentrum gebuit

Die Namibiese Polisie het bevestig ’n Volkswagen Jetta met regeringsnommerplate is in Windhoek gebruik van om die toneel van 'n gewapende rooftog by 'n winkelsentrum weg te jaag. Die nommerplate is GRN 27012 (voor) en GRN 32911 (agter). Volgens die polisie het twee veiligheidswagte van Namibia Protection Service kontant by verskeie winkels in die Grove-inkoopsentrum in Kleine Kuppe in die hoofstad ingesamel. Terwyl een van die wagte in die voertuig met van die kontant gewag het, het 'n nog 'n wag twee houers met kontant van 'n groot kettingwinkel op die grond neergesit om dit agter in die voertuig te laai. Vyf persone gewapen met pistole en 'n AK-47-geweer het hom beveel om op die grond te lê. Die ander wag is ook beveel om uit te klim en op die grond te lê. Die verdagtes het met die wagte se twee dienspistole asook kontant van N$305 987,50 weggekom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!