PAS IN: Partye in Rundu 'slaan-speletjie' glo tydelik geskors
Metcalfe Beukes Attorneys het namens Micke du Preez 'n brief aan minister Utoni Nujoma uitgereik waarin daar verduidelik word dat Du Preez homself tydelik geskors het vir 14 dae om 'n volledige ondersoek deur 'n arbeidskonsultant toe te laat. Alle werknemers wat by die nou berugte 'slaan-speletjie' betrokke was, sal ook vir 14 dae met volle betaling geskors word. Die arbeidskonsultant sal glo volle toegang tot hierdie werknemers gegun word. ditvolg na 'n storm losgebars het toe videos van werknemers by 'n vulstasie in Rundu wat mekaar slaan op sosiale media verskyn het. Du Preez het later verduidelik dat hierdie eenvoudig 'n speletjie is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie