No Image Caption

PAS IN: Vyf verdagtes gesoek in Grootfontein-aanval

Elvira Hattingh
Grootfontein se polisie, buurtwag en ander sekuriteitsgroepe is tans opsoek na vyf verdagtes wat die 70-jarige Udo Gärtner Sondagaand (30 Julie 2023) op ‘n plaas buite Grootfontein aangeval en beroof het.

Die verdagtes, wat glo voorgegee het om polisiebeamptes te wees wat ‘n moordsaak ondersoek, het toegang tot die plaashuis gekry en glo wapens, juwele en selfone geroof.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, adj. of Maureen Mbeha, het een van die verdagtes ‘n uniform van NamPol se spesiale magte aangehad, terwyl die res in gewone kleredrag was, wat met weerkaatsers toegerus was.

Die verdagtes het glo geeis dat Gartner sy kluis vir hulle oopsluit, waarna hulle hom na bewering met die agterkant van ‘n vuurwapen teen sy kop en arms geslaan het. Hy is in ‘n stabiele toestand en sy vrou is nie beseer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!