No Image Caption

#PasIn: Groep glo in gastehuis aangehou

Iréne-Mari van der Walt
Verskeie slagoffers is Vrydagaand na bewering met vuurwapens by 'n gastehuis in Klein-Windhoek aangehou.

Die verdagtes het 'n glo skootrekenaar, twee selfone, 'n WiFi-'router', 'n televisieskerm, klere, skoene en vleis, asook 'n gasbottel en N$800 kontant gesteel. Die gesamentlike waarde van die gesteelde goedere is 'n geskatte N$25 400.

By Dordabis is 'n waterpomp ter waarde van N$30 000 glo gesteel en nog nie deur polisie opgespoor nie.

Tydens 'n huisinbraak in Katima Mulilo het ('n) onbekende verdagte(s) glo met die huiseienaar se besittings ter waarde van N$29 800 weggekom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer